Intensiewe Vakansiekursus: Verbeter Konsentrasie, Geheue en Lees

Vra jouself ….

  • Het my kind die hoop om vlot te kan lees verloor?
  • Ly hy/sy aan ‘n swak selfbeeld as gevolg van leerprobleme en/of swak skoolprestasie?
  • Is daar ‘n moontlikheid dat hy/sy hierdie jaar gaan druip?

.
As jy “ja” geantwoord het op enige van die bostaande vrae, is ons intensiewe 8 tot 10-dag vakansiekursus dalk die antwoord vir jou!

Terwyl daar geen kitsoplossing vir leermislukking en leerprobleme is nie, versnel ons intensiewe vakansiekursusse lees- en leervermoë sodanig dat dit jou kind kan help om ‘n reuse sprong vorentoe te gee!

Resultate — Intensiewe vakansiekursusse:

Die doel van ons intensiewe vakansiekursusse is om kognitiewe vermoëns te verbeter — konsentrasie, visuele en ouditiewe prosessering, geheue, ensovoorts. Kognitiewe vaardighede word gebruik om kennis te verwerf, en kan beskou word as die mens se gereedskap vir leer.

Verbetering van konsentrasie

Edublox het die FUNtastic Breinkliniek in Singapore aangebied. Die 5-dag vakansiekursus was in samewerking met Mind Edge, ‘n wêreldklas opleidingsakademie in Asië, aangebied. Die Sentrum vir Evaluering en Assessering (SEA) aan die Universiteit van Pretoria het die resultate van die kliniek se werksaamhede ontleed en bevind dat daar na net vyf dae ‘n beduidende verbetering in leerders se konsentrasievermoë was. Boonop was daar ‘n effek-grootte bokant dit wat Professor John Hattie die spilpunt of, anders gestel, die gewensde effek-vlak in opvoedkunde, noem.

Verbetering van geheue

In ‘n M.Tech Studie aan die Universiteit van Johannesburg het 34 leerders in Graad 5, 6 en 7 van ‘n middestad-skool ‘n 5-dag vakansiekursus bygewoon. Twee subtoetse van die Visuele Persepsietoets (TVPS-3) is gebruik om die visuele geheue en visuele reeksgeheue van die leerders te meet.

Die visuele geheue van die leerders het verbeter met 1.3 jaar, en visuele reeksgeheue met 1.5 jaar.

Verbetering van IK

Terwyl ‘n IK-punt beslis nie die somtotaal van ‘n mens se kognitiewe vermoëns is nie, is dit een maatstaf waarmee sy kognitiewe vermoëns met die algemene populasie s’n vergelyk kan word.

Tien leerders met ernstige leerprobleme is met die Suid-Afrikaanse Intelligensie Skaal getoets, voordat hulle met ‘n intensiewe twee-weke kursus begin het. Elke leerder het 40 ure se individuele onderrig ontvang. Hulle ouderdomme het gewissel van 7 tot 18 jaar.

Die verbetering in verbale, nie-verbale en totale IK was beduidend.

 VoorNa
Verbale IK Sub-toetse
Woordeskat7.67.9
Begrip10.010.8
Verbale Redenering9.110.0
Probleme6.36.8
Geheue8.510.5
Gemiddelde Verbale IK85.491.0Verbetering beduidend op die 0.001 vlak
Nie-Verbale IK Sub-toetse
Patroonvoltooiing8.48.7
Blokontwerp8.210.3
Absurditeite9.49.6
Vormbord11.115.3
Gemiddelde Nie-Verbale IK92.6105.1Verbetering beduidend op die 0.001 vlak
TOTALE IK PUNT87.097.1Verbetering beduidend op die 0.001 vlak

‘n M.Ed. navordingstudie deur Wynand de Wet het gewys dat ons program IK verhoog in minder as 30 ure en wanneer dit in ‘n groep gebruik word. Hy het ons program vir ‘n groep dowe kinders aangebied; hulle gemiddelde nie-verbale IK het met 11.6 punte in 27.5 ure se onderrig, gegee oor ‘n tydperk, verbeter.

In kort, 30 tot 40 ure se onderrig is meermale voldoende om ‘n leerder in ‘n hoër kognitiewe kategorie te plaas — laag-gemiddeld skuif op na gemiddeld, gemiddeld skuif op na hoog-gemiddeld, ensovoorts.

Verbeterde leesvaardighede

Navorsing het bewys dat verhoogde kognitewe vermoëns lei tot verbeterde lees-, spel- en leervaardighede. Terwyl vele leesprogramme verbeterde leesvaardighede aanbied, behaal slegs dié wat in kognitiewe assessering en opleiding gegrond is, blywende resultate.

Vergelyk die voor- en na-toetsresultate van een Graad 4-leerder wat ‘n intensiewe kursus van tien dae bygewoon het, soos gemeet deur ‘n oftalmograaf. Haar relatiewe leesdoeltreffendheidsvlak het met twee jaar en ses maande verbeter! Terwyl nie alle leerders soveel verbeter nie, kan selfs ‘n verbetering van een jaar ‘n kind se lewe verander.

Na die intensiewe kursus sal die leerder ideaal voortgaan om weekliks die Edublox-klasse by te woon, of met Edublox Aanlyn Tutor.


Comment on Post

We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!

8 Responses

  1. Hi daar wat is die koste vir 2 kinders? En cater jul vir kids met disleksie ook? Enige ouderdom?

  2. Hi ek stel ook belang in die kursus vir my kinders 6 en 8 jaar oud. Kan julle my dalk email en net vertel hoe gaan ons te werk om deel te wees asb.

    dankie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.