Gratis Afrikaanse Begripstoetse vir Laerskool-leerders

Boy reading under covers

Leerders sukkel dikwels om begripstoetse te beantwoord omdat hulle nie genoeg woordeskat het om die konteks te verstaan nie. Hulle mag ook sukkel as gevolg van ‘n leesprobleem, sowel as  ‘n swak werkende geheue of ‘n probleem met logiese denke. 

.
As woordeskat, lees, ‘n swak werkende geheue of ‘n probleem met logiese denke nie ‘n rol speel nie, kan ‘n gebrek aan oefening natuurlik ook lei tot of bydra tot lae punte. Die geheim is dus oefening, en hoe meer die leerder oefen, hoe makliker sal dit vir hom of haar raak.

Woemaboeke.com verskaf twee belangrike wenke vir die beantwoording van begripstoetse: 

  1. Maak seker die leerder weet dat ‘n begripstoets al die antwoorde in die teks sal verskaf. Herinner hom of haar daaraan dat beelde, opskrifte en byskrifte ook deelmaak van die teks.
    .
  2. Dit is só belangrik dat al die inligting, teks en instruksies gelees word. Die eerste instruksie is dikwels die belangrikste, byvoorbeeld “Beantwoord in volsinne.” Leerders is dikwels so haastig dat hierdie instruksies nie raakgelees word nie.
    .
    .


.
Hierdie vyf gratis begripstoetse word verskaf deur Edublox:

Die heldedaad van Racheltjie de Beer

Die houtkapper en die skatkis

Die rooi nagmusse

Die drie wense

Dolfyne

 

 

7 Responses on Gratis Afrikaanse Begripstoetse vir Laerskool-leerders"

  1. Elize says:

    Goeie middag Susan,
    Ek het gister se sessie werklik geniet. Baie dankie vir jou inspirerende aanbieding. Jy het my laat dink en ek het sommer weer gaan delf in my boeke.

    Ek kan nie die gekleurde pyltjie kaart kry nie. Kan jy dalk weer sê waar ek kan gaan soek asseblief?

    Mag jy n wonderlike week ervaar.

    Groete
    Elize

  2. Edrich Theodore says:

    Hierdie aktiwiteite gaan beslis baie help.

    Baie dankie.

  3. Vicky says:

    my dogter van Gr 4 begin die maand met haar eerste klas. sy sukkel met haar Afrikaans en Engels. Ek glo ons het nou na 3 jaar verby is en al die onderwysers haar net op Ritalin wil sit die uitweg gekry om haar by Edublox te kon inskryf. as ek kan sal ek ook ekstra oefeninge met haar wil doen. wat is die pyltjiesoefeninge waarvan Elize praat? as ek daar wil in vra hy my n password?

  4. Rograe says:

    Baie dankie vir die begripstoetse. Is daar dalk nog wat ek kan aflaai vir oefeninge?

Leave a Message

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to toolbar