Gevallestudie: Die Beste Ding Wat Met Hom Kon Gebeur

Vandat Armand met die program begin het vorder hy verbasend vinnig. Hy ondervind selde nog probleme met spelreëls en lees. Dit dra by tot sy selfvertroue om ‘n opdrag aan te pak. Ek dink Edublox is die beste ding wat met hom kon gebeur

Armand
Armand sukkel op skool

Sy moeder vertel:

“1989 ― Armand druip gr.1.

“1990 ― Herhaal gr.1 in ‘n hulpklas.

“1991 ― Gr.2 in ‘n hulpklas.

“1992 ― Einde 1ste kwartaal, alle vakke 4 (onbevredigend) behalwe skrif ‘n 3 (bevredigend).

“Armand is ‘n harde werker, maar wat hy vanmiddag leer is more weer vergeet.

“Hy het gesukkel om te lees, hy het woorde bygelas, weggelaat en was so op sy senuwees dat as hy klaar gelees het, kon hy jou nie vertel waaroor die verhaal gehandel het nie. As hy vir my moes lees het hy voor die tyd begin huil.

“Hy het vreeslik gesukkel met wiskunde.

“Hy het geen selfvertroue gehad nie.

“Almal het my aangeraai om Armand in ‘n skool te sit, waar die kinders is wat aan epilepsie ly.”

Armand se pediater doen verslag:

Pediater

Pediater 2

 

Armand se moeder het ‘n praatjie oor die radio gehoor van Edublox en het gevoel hulle moet Armand die kans gee.

Verbetering

Sy moeder vertel:

“Armand vra my om vir my te kan lees. Sy leesvermoë het gestyg vanaf ‘n 4 (onbevredigend) na ‘n 3 (bevredigend), en dit is vir onvoorbereide lees. Sy spelling is nou uitstekend, sy wiskunde en Engels het baie verbeter, asook sy skrif, en ek is nou geseën met ‘n seuntjie vol selfvertroue. Toe ek die 2de Desember 1992 sy rapport oopmaak het ek weer gehuil soos die einde van die 1ste kwartaal ― hierdie keer van pure vreugde.”

Mev Beukes, Armand se juffrou skryf:

“Vandat Armand met die program begin het vorder hy verbasend vinnig. Hy ondervind selde nog probleme met spelreëls en lees. Dit dra by tot sy selfvertroue om ‘n opdrag aan te pak. Ek dink Edublox is die beste ding wat met hom kon gebeur.”

 

 

 

Note on Armand’s photo: A stock photo was used.

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.