
Geagte Monique,
Hiermee wil ek jou en die Edublox-span bedank vir die tyd en aandag wat julle aan Wian spandeer het.
Aan die begin van die tweede kwartaal in graad 1, het die skool ons genader en gesรช dat Wian โn leer-, lees- en konsentrasieprobleem het. Die skool het ook dadelik voorgestel dat Wian nie verder vordering sal maak in die hoofstroom skool nie en dat hy โn alternatiewe skool moet bywoon. Dit was vir ons as ouers en vir Wian baie traumaties gewees.
Ons het na gesprekke met die skool besluit om Wian by die skool te hou, maar dat Wian remediรซrende onderrig moet kry. Die skool verwys ons toe na โn remediรซrende kliniek. Wian het feitlik geen vordering of verbetering getoon nie en teen die einde van 2014 het ons besluit om โn verandering te maak
Ons het toe begin soek en op Edublox af gekom. My afspraak het Monique was gemaklik gewees, van die begin was dit duidelik dat Monique weet wat sy doen. Monique het genoem dat alles nie verlore is vir Wian nie en ons het die daaropvolgende maand met Wian begin met Edublox.
Ons was voortdurend op hoogte gehou van Wian se vordering. Edublox het Wian gehelp met sy konsentrasie; sy lees het verbeter en in geheel het Edublox gehelp om Wian meer selfvertroue te gee.
Andrรฉ Visagie
Wian se graad 3-rapport:









