An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.
Pieter se ma het Edublox gekontak omdat sy baie bekommerd was oor sy lees. Sy leesspoed was stadig en sy leesbegrip swak, en hy het letters soos b en d verwar.
Op 3 Mei 2011 word Pieter, ‘n Graad 4-leerder, by Edublox geëvalueer.
Pieter word getoets met die Essi-leestoets, op ‘n Graad 4, tweede kwartaal-vlak.
Van kinders wat die toets doen behaal
4% ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK)
19% ‘n stanege van 2 of 3 (SWAK)
54% ‘n stanege van 4, 5 of 6 (GEMIDDELD)
19% ‘n stanege van 7 of 8 (GOED) en
4% ‘n stanege van 9 (BAIE GOED)
Pieter lees 8 van die 20 woorde korrek, en behaal sodoende ‘n stanege van 3 (SWAK). Die foute wat hy gemaak het is oor die algemeen klein: vyf van die woorde het hy byvoorbeeld éérs geklank, maar toe wel korrek gelees; prokureur is gelees as prokuneur, en koringare as koringgare.
Pieter se spoed met hardoplees is 106 woorde per minuut.
Pieter word ook getoets met die Essi-speltoets, op ‘n Graad 4, tweede kwartaal-vlak. Hy behaal ‘n stanege van 5 (GEMIDDELD).
Die oorsaak van Pieter se leesprobleem was voor die hand liggend: hy het ‘n probleem met rigtingsin gehad, sowel as ‘n swak ouditiewe geheue en ‘n beperkte oogspan.
| Vaardigheid getoets:
Vormwaarneming Visuele Geheue Ouditiewe Geheue Oogspan Logiese Denke |
Persentasie behaal:
100% 84% 50% 56% 63% |
SKAAL: 90%-100% — Baie goed/Ontwikkeling sal vaardigheidsvlak verder verhoog. 80%-89% — Goed/Ontwikkeling sal die vaardigheidsvlak verder verhoog. 70%-79% —Gemiddeld/Ontwikkeling word benodig. 0%-69% — Ondergemiddeld/Ontwikkeling is noodsaaklik. |
|
Daar is aanbeveel dat Pieter een Edublox-klas per week bywoon. Huiswerk van ‘n paar minute per dag is gegee om sy probleem met rigtingsin te help oorkom.
Aan die einde van 2011 word Pieter volledig geherevalueer. Op die Essi-leestoets, gemeet op ‘n Graad 4, vierde kwartaal-vlak, lees hy 15 van die 20 woorde korrek en behaal sodoende ‘n stanege van 6 (BO-GEMIDDELD).
Hy spel 14 van die 20 Graad 4-woorde korrek. Gemeet op ‘n Graad 4, vierde kwartaal-vlak behaal hy dus ‘n stanege van 5 (GEMIDDELD).
Sy spoed met hardoplees is nou 120 woorde per minuut.
Sy ouditiewe geheue en oogspan toon ‘n groot verbetering:
| Vaardigheid getoets:
Vormwaarneming Visuele Geheue Ouditiewe Geheue Oogspan Logiese Denke |
Persentasie behaal:
100% 92% 92% 71% 100% |
SKAAL: 90%-100% — Baie goed/Ontwikkeling sal vaardigheidsvlak verder verhoog. 80%-89% — Goed/Ontwikkeling sal die vaardigheidsvlak verder verhoog. 70%-79% —Gemiddeld/Ontwikkeling word benodig. 0%-69% — Ondergemiddeld/Ontwikkeling is noodsaaklik. |
|
Daar is aanbeveel dat Pieter vir nog 2-3 maande met die Edublox-klasse volhou en daarna die Studiblox-studiemetodekursus doen.
Pieter is ‘n skuilnaam.
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.