
An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.
.
As jy “ja” geantwoord het op enige van die bostaande vrae, is ons intensiewe 8 tot 10-dag vakansiekursus dalk die antwoord vir jou!
Terwyl daar geen kitsoplossing vir leermislukking en leerprobleme is nie, versnel ons intensiewe vakansiekursusse lees- en leervermoë sodanig dat dit jou kind kan help om ‘n reuse sprong vorentoe te gee!
Die doel van ons intensiewe vakansiekursusse is om kognitiewe vermoëns te verbeter — konsentrasie, visuele en ouditiewe prosessering, geheue, ensovoorts. Kognitiewe vaardighede word gebruik om kennis te verwerf, en kan beskou word as die mens se gereedskap vir leer.
Edublox het die FUNtastic Breinkliniek in Singapore aangebied. Die 5-dag vakansiekursus was in samewerking met Mind Edge, ‘n wêreldklas opleidingsakademie in Asië, aangebied. Die Sentrum vir Evaluering en Assessering (SEA) aan die Universiteit van Pretoria het die resultate van die kliniek se werksaamhede ontleed en bevind dat daar na net vyf dae ‘n beduidende verbetering in leerders se konsentrasievermoë was. Boonop was daar ‘n effek-grootte bokant dit wat Professor John Hattie die spilpunt of, anders gestel, die gewensde effek-vlak in opvoedkunde, noem.
In ‘n M.Tech Studie aan die Universiteit van Johannesburg het 34 leerders in Graad 5, 6 en 7 van ‘n middestad-skool ‘n 5-dag vakansiekursus bygewoon. Twee subtoetse van die Visuele Persepsietoets (TVPS-3) is gebruik om die visuele geheue en visuele reeksgeheue van die leerders te meet.
Die visuele geheue van die leerders het verbeter met 1.3 jaar, en visuele reeksgeheue met 1.5 jaar.
Terwyl ‘n IK-punt beslis nie die somtotaal van ‘n mens se kognitiewe vermoëns is nie, is dit een maatstaf waarmee sy kognitiewe vermoëns met die algemene populasie s’n vergelyk kan word.
Tien leerders met ernstige leerprobleme is met die Suid-Afrikaanse Intelligensie Skaal getoets, voordat hulle met ‘n intensiewe twee-weke kursus begin het. Elke leerder het 40 ure se individuele onderrig ontvang. Hulle ouderdomme het gewissel van 7 tot 18 jaar.
Die verbetering in verbale, nie-verbale en totale IK was beduidend.
| Voor | Na | ||
| Verbale IK Sub-toetse | |||
| Woordeskat | 7.6 | 7.9 | |
| Begrip | 10.0 | 10.8 | |
| Verbale Redenering | 9.1 | 10.0 | |
| Probleme | 6.3 | 6.8 | |
| Geheue | 8.5 | 10.5 | |
| Gemiddelde Verbale IK | 85.4 | 91.0 | Verbetering beduidend op die 0.001 vlak |
| Nie-Verbale IK Sub-toetse | |||
| Patroonvoltooiing | 8.4 | 8.7 | |
| Blokontwerp | 8.2 | 10.3 | |
| Absurditeite | 9.4 | 9.6 | |
| Vormbord | 11.1 | 15.3 | |
| Gemiddelde Nie-Verbale IK | 92.6 | 105.1 | Verbetering beduidend op die 0.001 vlak |
| TOTALE IK PUNT | 87.0 | 97.1 | Verbetering beduidend op die 0.001 vlak |
‘n M.Ed. navordingstudie deur Wynand de Wet het gewys dat ons program IK verhoog in minder as 30 ure en wanneer dit in ‘n groep gebruik word. Hy het ons program vir ‘n groep dowe kinders aangebied; hulle gemiddelde nie-verbale IK het met 11.6 punte in 27.5 ure se onderrig, gegee oor ‘n tydperk, verbeter.
In kort, 30 tot 40 ure se onderrig is meermale voldoende om ‘n leerder in ‘n hoër kognitiewe kategorie te plaas — laag-gemiddeld skuif op na gemiddeld, gemiddeld skuif op na hoog-gemiddeld, ensovoorts.
Navorsing het bewys dat verhoogde kognitewe vermoëns lei tot verbeterde lees-, spel- en leervaardighede. Terwyl vele leesprogramme verbeterde leesvaardighede aanbied, behaal slegs dié wat in kognitiewe assessering en opleiding gegrond is, blywende resultate.
Vergelyk die voor- en na-toetsresultate van een Graad 4-leerder wat ‘n intensiewe kursus van tien dae bygewoon het, soos gemeet deur ‘n oftalmograaf. Haar relatiewe leesdoeltreffendheidsvlak het met twee jaar en ses maande verbeter! Terwyl nie alle leerders soveel verbeter nie, kan selfs ‘n verbetering van een jaar ‘n kind se lewe verander.

Na die intensiewe kursus sal die leerder ideaal voortgaan om weekliks die Edublox-klasse by te woon, of met Edublox Aanlyn Tutor.
We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.
8 Responses
Wat is die kostes verbonde aan die vakansie kursus?
Dankie vir jou navraag. Het vir jou ‘n epos gestuur. Groete, Susan
Hi daar wat is die koste vir 2 kinders? En cater jul vir kids met disleksie ook? Enige ouderdom?
Goeie dag Geraldene, kontak gerus jou naaste tak vir meer inligting sowel as kostes: https://edubloxsa.co.za/contact-us/. Die vakansiekursus is geskik vir leerders vanaf Graad 2 tot 8, en sonder twyfel cater Edublox vir kids met disleksie: https://edubloxsa.co.za/disleksie/
Wat is die kostes vir die program?
Goeie dag FC, kontak gerus jou naaste tak vir meer inligting sowel as kostes: https://edubloxsa.co.za/contact-us/. Groete, Susan
Hi ek stel ook belang in die kursus vir my kinders 6 en 8 jaar oud. Kan julle my dalk email en net vertel hoe gaan ons te werk om deel te wees asb.
dankie
Goeie dag Marissa, kontak gerus jou naaste tak vir meer inligting: https://edubloxsa.co.za/contact-us/. Groete, Susan