Radio Onderhoud: Waarom Wiskundeprobleme Vroeg Aangespreek Moet Word

Maak nie saak of ons besig is met die wetenskappe, ‘n sake-onderneming of die daaglikse lewe nie, syfers gaan ons altyd by ons hê. Elke beroep, van vuurpylwetenskaplike tot skaapwagter verg die gebruik van wiskunde! Maak nie saak waar ons ons bevind, of watter taal ons ookal praat nie: kennis van wiskunde is ‘n onvermydelike vereiste.

Dit lei geen twyfel nie: indien wiskunde-vaardighede tydens skooljare verwaarloos word, hou dit ernstige nagevolge in vir jongmense en volwassenes in hul daaglike lewe en in hul beroepsvooruitsigte. In vandag se wêreld word kennis van wiskunde, wiskundige redenasie-vermoë en probleemoplossing as net so belangrik beskou as die vermoë om te kan lees.

In dié onderhoud op Radio RSG se program “Ons en die Onderwys” word gekyk na die belangrikheid van wiskunde en hoe wiskunde-probleme aangespreek kan word.



Comment on Post

We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.