‘n Versamelnaam of versamelwoord is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui, soos byvoorbeeld ‘n bos blomme. Benamings vir ‘n aantal gelyksoortige begrippe word ook dikwels as versamelname gesien, soos byvoorbeeld ‘n buurt, wat verwys na ‘n groep mense wat naby aan mekaar woon.
Hoewel versamelname na ‘n versameling of groepering verwys, is hulle almal enkelvoude.
Versamelname van a tot z:
- Baal hooi / lusern / wol
- Bagasie koffers / tasse (wat ‘n reisiger met hom saamneem)
- Baksel beskuit / brode / koekies
- Bank water / wolke
- Bataljon soldate
- Beddegoed (kussing, laken, sloop, ens. — as geheel gesien)
- Bemanning matrose
- Bende rowers
- Biblioteek boeke
- Blok woonstelle
- Bol wol
- Bondel hout / wasgoed
- Boord vrugtebome
- Bos blomme / hare / sleutels / wortels
- Boskasie (woeste hare)
- Breekgoed (glase, pierings, borde, ens. — as geheel gesien)
- Broeisel eiers / kuikens
- Bui hael / reën
- Bundel gedigte / liedere
- Buurt (groep mense wat naby aan mekaar woon)
- Dinastie (van konings)
- Direksie (groep persone wat ‘n onderneming bestuur)
- Doos sjokolade
- Dosie vuurhoutjies
- Drinkgoed (versamelnaam vir tee, koffie, koeldrank of drankies)
- Eetgerei (vurke, messe, lepels, borde, ens. — as geheel gesien)
- Eskader vliegtuie
- Gebergte (groep berge)
- Gehoor (mense wat saam na ‘n vertoning, voorlesing of toespraak luister)
- Gemeente (mense wat dieselfde kerk besoek)
- Gereedskap (hamer, skroewedraaier, tangsleutel, tang, ens. — as geheel gesien )
- Gerf blomme / koring
- Geselskap toneelspelers
- Gesin (‘n Pa, Ma en hulle kind of kinders)
- Groep dansers / musikante / spelers
- Grondstowwe (versameling onverwerkte stof, soos byvoorbeeld wol of erts)
- Grootvee (diere soos perde en beeste)
- Grootwild (diere soos renosters en olifante)
- Harem (groep vroue van ‘n sultan)
- Hoop hout / klippe / rommel / sand
- Horde barbare
- Jagtog (groep mense wat saam gaan skiet)
- Juwele (ring, oorringe, armband, ens. — as geheel gesien)
- Kabinet van ministers (wat saam met die president aan die hoof van ‘n regering staan)
- Karavaan kooplui
- Kas appels / klere
- Kassie tamaties
- Ketting winkels
- Kis gereedskap
- Klas leerders
- Kleinvee (‘n groep kleiner diere vir slagdoeleindes, bv. skape)
- Kleinwild (‘n groep diere soos springbokke)
- Klere (rok, hemp, broek, skoene, ens. — as geheel gesien)
- Koek heuning
- Kolom wolke
- Kolonie miere / pikkewyne / vetplante
- Konvooi oorlogskepe / vragmotors
- Kooksel (‘n hoeveelheid groente wat op een slag gekook word)
- Koor (van stemme = ‘n groep mense wat saam sing)
- Korps musikante
- Krans blomme
- Kruideniersware (kos en huishoudelike items)
- Kudde beeste / buffels
- Kykers (mense wat saam na ‘n TV-program kyk)
- Laning bome
- Leër troepe / soldate
- Legioen engele
- Luisteraars (mense wat saam na ‘n radio-uitsending luister)
- Lys name
- Mandjie vrugte
- Melkweg van sterre
- Mengsel beslag
- Menigte mense
- Meubels (banke, stoele, tafels, ens. — as geheel gesien)
- Nes eiers / muise / slange
- Oes mielies / vrugte
- Omnibus (lywige boek wat ‘n aantal werke van ‘n skrywer bevat)
- Orkes (‘n groep mense wat saam musiekinstrumente speel)
- Paar skoene
- Pak kaarte / klere / potlode
- Pakkie sigarette
- Paneel beoordelaars/ dokters / inspekteurs
- Personeel (mense wat saam aan ‘n onderneming verbonde is)
- Plaag insekte
- Plantasie bome / dennebome (aangeplante bome)
- Pluimvee (groep diere soos hoenders en ganse)
- Pluksel appels / boontjies / perskes / vere
- Reeks berge / boeke / gebeure / ongelukke
- Regbank (groep regters)
- Regiment (baie soldate)
- Riem papier
- Rits name
- Ruiker blomme
- Ry mense / motors
- Saal toehoorders
- Sak aartappels / lemoene / suiker
- Saluut skote
- Salvo skote
- Sarsie skote
- Sintuie (sig, tas, reuk, gehoor, smaak)
- Sirkel vriende
- Skare engele / mense / ondersteuners
- Skool dolfyne / visse / paddas
- Skoolpersoneel (onderwysers van een skool)
- Skryfbehoeftes (pen, potlood, liniaal, ens. — as geheel gesien)
- Snoer pêrels
- Span atlete / donkies / osse / spelers
- Stapel boeke / hout
- Stel kaarte / kunstande / trappe
- Stoet bedelaars / mense / motors
- String krale / pêrels
- Swerm bye / voëls / spinkane / wildeganse / vlinders
- Toeskouers (mense wat saam na iets kyk, soos ‘n rugbywedstryd)
- Troep soldate / toneelspelers
- Trop ape / beeste / bokke / eende / ganse / leeus / olifante / skape
- Tros druiwe / piesangs
- Tuingereedskap (hark, graaf, pik, vurk, ens. — as geheel gesien)
- Uitrusting klere
- Versameling boeke / hoede / seëls / skulpe
- Vlaag wind
- Vloot busse / skepe / voertuie
- Vlug patryse / wildeganse
- Werpsel hondjies / katjies / varkies
11 Responses
U spelling van konfooi is foutief dit moet konvooi wees volgens die HAT
Dankie, dis reggemaak.
Hallo Almal. Wat noem mens n groep jakkalse?
Trop jakkalse.
Wat noem mens slegs twee persone wat saamsing of ‘n instrument bespeel?
‘n Duet.
Beoordeelaars moet wees beoordelaars
Dankie, dis reggemaak.
HOENDERS: ‘n toom hoenders
“Springkane” is gespel as “spinkane”
Spinkane is die korrekte spelling.