Om behoorlik te kan lees is ‘n voorvereiste vir leersukses op skool, en uiteindelik ook ‘n belangrike bepaler van ‘n mens se beroepsukses in die toekoms. Die swak leser het nie net ‘n agterstand teenoor goeie lesers nie, maar in werklikheid bou hulle met verloop van tyd ‘n al hoe groter agterstand teenoor goeie lesers op. Gelukkig is daar hoop! Alida Smit vertel hoe haar seun, Abraham (foto regs), disleksie oorkom het en ‘n Meestersgraad verwerf het.
Gediagnoseer met disleksie
“Nadat ons twee leessentrums beproef het om sy leesprobleme uit te stryk, het ek hom in Graad 4 vir disleksie laat toets. Die verslag het voorgestel dat ons remediërende onderwys oorweeg, wat hy toe vir twee jaar getrou gedoen het, maar sonder enige wesenlike resultate, vertel Alida.
“In Graad 6 is Abraham gediagnoseer met disleksie, nadat die skool ons ingeroep en voorgestel dat ons moet aansoek doen vir orale eksamenaflegging aangesien sy spelling en sy skrif van so aard was dat die onderwysers nie kon uitmaak wat hy skryf nie.
“My kind (en ek) was platgeslaan. Hy het nagte omgehuil, wou nie skool te gaan nie en was moeg vir die ekstra klasse en die een toets op die ander! Hy was ook glad nie te vinde vir mondelinge eksamens nie! Sy selfbeeld was swak en hy het geglo dat daar iets vreesliks met hom fout is!”
Lig aan die einde van die tonnel
Abraham het in Mei 2010 begin met twee Edublox-klasse per week. Alida vertel: “Nie lank daarna het Abraham vir my vertel dat Edublox werk en dat hy baie beter lees en spel. Sy selfbeeld het verbeter en onderwysers het gevra wat het ons aan die kind gedoen dat hy so positief is! Selfs sy skrif het begin verbeter.
“Op sy eerste hoërskoolrapport het Abraham ‘n gemiddeld van 65% gehad, sonder enige konsessies. Aan die einde van díe jaar was dit 69%, en het ons die Edublox-klasse gestaak.
“‘n Jaar later was sy gemiddeld 73%. Abraham het Matriek geslaag met ‘n B-gemiddeld, en op universiteit was sy leesspoed getoets as 273 woorde per minuut met ‘n 100% begrip. Vandag het Abraham ‘n MSc in Omgewingsbestuur en Akwatiese Sisteme.”
Dogter kry hulp vir konsentrasie
“Toe my dogter ‘n konsentrasieprobleem ontwikkel was ek terug by Edublox,” vertel Alida. “Haar probleem was redelik vinnig uitgesorteer. Haar onderwyseres het getuig van die verbetering in haar konsentrasie en haar doelgerigtheid om opdragte vinnig en akkuraat te voltooi in die klas. Waar sy voorheen ‘n regte klein dromer kon sy daarna haar huiswerk vinnig en gefokus afhandel.”
Kan disleksie oorkom word?
Die siening dat disleksie ongeneeslik is, is die gevolg van ‘n verkeerde aanname dat die brein nie kan verander nie, laat staan nog verbeter. Mense het lank geglo as daar iets verkeerd is met ‘n persoon se brein, daar niks gedoen kan word om dit reg te maak nie. Wetenskaplikes het geglo dat elkeen van ons gebore word met ‘n vasgestelde aantal breinselle, en as enige van daardie selle seerkry, kan die skade nie herstel word nie. G’n wonder dat leerprobleme soos disleksie, wat met die brein te doen het, vir baie jare as ongeneeslik beskou was nie!
Teen die draai van hierdie eeu het nuwe metodes dit vir wetenskaplikes moontlik gemaak om in die brein te sien en het dit geblyk dat die brein plasties is: Nuwe verbindings of herbedrading tussen breinselle kan vorm en die struktuur van die bestaande verbindings kan verander. Nuwe breinselle word ook voortdurend gebore, veral in die leer- en geheue-sentrums. As jy ‘n kundige op ‘n sekere gebied raak, dan groei die deel in jou brein wat daarmee te make het. Of, as ‘n persoon breinskade aan die linkerkant van die brein opdoen, wat gewoonlik die taalsentrum van die brein is, kan die regterkant van die brein daardie funksies oorneem.
Die brein is ongelooflik kragtig. Met die regte hulp is kinders in staat om ‘n probleem soos disleksie te bowe te kom.
Hoe Edublox kan help
Edublox-programme is daarop gemik om die fondasie van lees, wiskunde en leer te verbeter. Hierdie fondasie bestaan uit kognitiewe vaardighede soos konsentrasie, visuele en ouditiewe prosessering, visuele en ouditiewe geheue, en logiese denke. Enige kind kan baat by ‘n sterker fondasie.
Edublox-programme is dat hulle gebaseer is op universele leerbeginsels, eerder as op individuele leerstyle of persoonlike leervoorkeure.
Die eerste universele leerbeginsel is dat leer ’n laagsgewyse reeks gebeure is. Een vaardigheid moet eers vasgelê word voor ons ’n daaropvolgende vaardigheid kan baasraak. Dis soos met ‘n leer opklim: sportjie vir sportjie, anders val jy.
Hierdie beginsel, dat leer ‘n laagsgewyse gebeure is, kan aan die hand van enige sportsoort, soos byvoorbeeld yshokkie, verduidelik word. Voordat ‘n persoon yshokkie kan speel, moet hulle eers leer om baie goed te skaats. Nadat hulle geleer het om vorentoe te skaats, moet hulle ook leer om agteruit te skaats en om binne ‘n oogwink te kan stop of van rigting te verander. Wanneer die speler hierdie vaardighede so goed bemeester het dat hulle as’t ware geoutomatiseerd geraak het, is die persoon gereed vir die volgende vlak, naamlik om al die elemente, waaruit yshokkie bestaan, te bemeester, byvoorbeeld om die rubberskyf met die yshokkiestok te beheer, om dit uit te gee en te skiet. Nadat die speler al hierdie vaardighede bemeester het en intussen ook die reëls van die spel geleer het, kan hulle begin om hierdie vaardighede in die spelsituasie toe te pas.
Net soos wat daar ‘n verskeidenheid van vaardighede is wat ‘n voorvereiste vir yshokkie is, so is daar ‘n verskeidenheid vaardighede waarop lees, spel en wiskunde berus en wat ‘n kind moet baasraak voor hy kan leer lees en spel.
Die hoofdoel van Edublox-programme is om die vaardighede wat onderliggend is aan lees, wiskunde en leer te oefen en te outomatiseer. Fundamentele leesvaardighede bestaan uit kognitiewe vaardighede soos verdeelde aandag, interpretasie van posisie-in-die-ruimte, vormherkenning, ouditiewe prosessering, en visuele, ouditiewe, reeks- en werkende geheue.
Edublox bied ‘n verskeidenheid van dienste aan: weeklikse klasse, vakansiekursusse, intensiewe 1-tot-1 hulp vir kinders met ernstige leerprobleme, ‘n studiemetode-kursus sowel as ‘n aanlynprogram, om maar net ‘n paar te noem. Die keuse vir ‘n spesifieke diens word gewoonlik gemaak op grond van die aard en graad van die probleem, wat bepaal word deur ‘n assessering. Kontak jou naaste tak vir meer inligting en hulp.
0 Responses on Van Kind met Disleksie tot Meestersgraad (MSc)"