fbpx

Tutor Vox-Pops: ‘n Oorsig oor 2016 (Deel 2)

vox-pops-visual_editedOm vir oulaas oor 2016 te reflekteer voor ons die nuwe skooljaar aandurf, het Edublox besluit om by ons tutors regoor die land te gaan uitvind wat hulle hoogtepunte was. Hier is hulle stories.

“In ’n Edublox kliniek beleef jy as tutor meer as een keer sukses in ’n kind se groeiende vordering! Ek het in Maart 2016  ʼn een-op-een intensiewe kursus gedoen wat my uitkyk op my werk totaal verander het.

“Pieter* is vir ʼn tweede keer in graad 1. ʼn Paar dae voor die kursus het Alison vir my gesê dat hy soos ʼn kleuter praat, dat hy ook nie regtig kan lees of skryf nie. Wanneer jy as tutor dit hoor, besef jy nie eintlik hoe ingewikkeld dit is tot daardie kind voor jou sit en hy kan glad nie enige woorde kan lees nie! Ek moes leestyd verander in alfabet-leertyd.

“Ek het begin met ‘a vir appel’ tot ons tien woorde gehad het. Ek het woorde gebruik waaraan hy kan vat, sien en proe. Ek het kort sinne gemaak wat Pieter kan verstaan, soos ‘Alison eet ʼn aarbei’, ‘ek hou van blou’, ‘die boks het ʼn deksel’. Ek het gesien dat die konstante herhaling van dieselfde woorde asook sinne die proses makliker gemaak het vir Pieter. Hy het vinniger deur die volgende letter se stel woorde en sinne gewerk. Alhoewel hy nog deurmekaar geraak het, kon ek ʼn positiewe verandering sien.

“Die oomblik wat vir ons uitstaan is die eerste Vrydag wat hy in ʼn volle sin gevra het: ‘Tannie, kan ek badkamer toe gaan?’ Pieter was opgewonde gewees toe hy vir die eerste keer sy naam kon spel en skryf.

“Die intensiewe kursus het ʼn nuwe wêreld oopgemaak vir Pieter. Vir die laaste agt maande kom hy twee keer ʼn week na die graad 1 en graad R-klas, wat ʼn groot impak het op sy konstante vordering. Pieter neem nou met selfvertroue aan die klasse deel en twyfel nie meer in homself nie. Pieter praat nou sonder ophou en vra meer vrae.

“Edublox tutors speel ʼn groot rol in die sukses van elke leerder! By Edublox sien ons elke kind se behoefte raak en help hom/haar om sukses te behaal.

“‘Never discourage anyone who makes continual progress, no matter how small.'”

* Skuilnaam gebruik

–  Lena, Kempton Park


“As mens na al die kindertjies in jou klas kyk, het elke een sy eie ‘probleempie’ waarmee hy kom. Dit is half soos ʼn donderwolkie bo hulle kop waarmee hulle moet klaarkom. Dan sit hulle in jou klas, te bang om te antwoord, want juffrou by die skool gil en skree die heeltyd op my, te angstig om te antwoord, want hulle is te bang dit is die verkeerde antwoord. Van hulle bly partykeer te lank in die badkamer want die werk is dalk te moeilik of hulle sukkel. Die moeilikste van alles is, die moegheid na skool want hulle moet ‘nog’ ʼn ekstra klassie doen.

“Iets wat ek deur die tyd geleer het is, moenie te gou moet opgee nie, hou vas en byt vas, want net more verdwyn die digte baksteenmuur waardeur jy elke les moet deurdring om die son te laat skyn. Die beste gevoel is wanneer hulle opgewonde raak en weer selfvertroue kry om iets aan te pak. En dan kom die einde van die kwartaal, dat moet ons net kopieë maak van hoe die rapporte lyk. Dan voel mens so goed as mens sien al die 1-4’s het sommer 6’e en 7’s begin raak, deur jou deursettingsvermoë en om aanhoudend die baksteenmuur te kap om deur te breek.

“Die beste gevoel is, wanneer een van die kinders ingehardloop kom in jou Mathblox-klasse en hulle die vreugde met jou kom deel oor hoe hulle die wiskunde toetse elke keer soos soetkoek opgeëet het en elke keer verbeter. Dan weet ʼn mens jou werk was nie vir niks nie, dit het gehelp en dit WERK.

“Mens voel altyd dat jy staan en gee klas elke dag maar daar voel niks vordering nie, maar tot op die dag wat jy daai baksteenmuur afgebreek het, skyn die son, donderweer is weg en kindergesiggies glimlag van vreugde. ‘From ZERO to HERO’ sal altyd my motto bly by Edublox, kinders kom na ons en stap uit as ʼn HERO, hulle tassie is toegerus met al die regte gereedskap vir hulle skoolloopbaan vorentoe.

Lo-André, Durbanville

Share Button
December 31, 2016

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar