Sukkel Jou Kind met Lees en Leer?

* Het jou kind die vermoë om akademies uit te blink, maar bereik steeds nie sy volle potensiaal nie?
* Sukkel jou kind om te konsentreer, beplan en organiseer? Het hy ‘n swak geheue?
* Dalk is lees vir hom ‘n probleem? Sukkel hy om tussen b en d te onderskei?
* Lees hy stadig en hakkelrig, of sukkel hy om te verstaan wat hy lees?
* Spel hy woorde soos wat hulle klink, soos “sienkie” pleks van “seuntjie”?
* Het hy probleme met hoofrekene? Of is wiskunde vir hom net één te veel?
* Is hy gediagnoseer met disleksie, disgrafie of ADHD?

As jy “ja” geantwoord het op enige van die bostaande vrae, kort jou kind waarskynlik van die gereedskap wat nodig is vir leer.

Ons gee die gereedskap vir leer!

Wanneer mens die regte gereedskap het, kan enige taak met groter gemak en effektiwiteit uitgevoer word. Stel jou voor dat jy ‘n lepel gebruik om sement te meng, eerder as ‘n sementmenger. Verbeel jou dat jy jou grasperk sny met ‘n skêr!

Kognitiewe vaardighede — konsentrasie, persepsie, geheue en logiese denke — is verstandsvaardighede wat gebruik word in die verwerwing van kennis, en kan beskou word as ‘n kind se gereedskap vir leer.

Navorsing het bevind dat kognitiewe vaardighede ‘n bepalende faktor van ‘n individu se leervermoë is — dié vaardighede wat goeie leerders en middelmatige leerders van mekaar skei. In wese, wanneer kognitiewe vaardighede sterk is, word leer vinnig en maklik. Wanneer kognitiewe vaardighede swak is, word leer ‘n worstelstryd.

Studies het bevind dat ongeveer 88% van swak lesers beduidend swak presteer in een of meer kognitiewe vaardighede. Onlangse studies ondersteun die idee dat baie kinders met ADHD kognitiewe tekorte het, spesifiek in werkende geheue.

Die goeie nuus is dat kognitiewe swakhede reggestel kan word. Die sleutel is om die spesifieke swakhede te identifiseer, en dan te verbeter deur middel van onderrig en oefening. Dis reg, kognitiewe vaardighede kan verbeter en versterk word.

Edublox spesialiseer in opvoedkundige hulp wat kinders slimmer maak, hulle help om vinniger te lees en te leer en om wiskunde met vertroue aan te pak. Ons programme stel leerders daartoe in staat om leesprobleme en leerversperrings te bowe te kom sodat hulle lewenslank kan leer en sodoende bemagtig word om hulle hoogste opvoedkundige doelwitte te bereik.

Tree vandag nog in verbinding met ‘n Edublox-kliniek en gee jou kind die geskenk van prestasie. Dis ‘n belegging met lewenslange opbrengs. https://edubloxsa.co.za/contact-us/

2 Responses on Sukkel Jou Kind met Lees en Leer?"

  1. Lee-Ann says:

    My kind het dringend aandag nodig .Help asb

    • Goeie dag Lee-Ann

      Die mees algemene oorsaak van lees- en leerprobleme is dat die kognitiewe vaardighede wat lees en leer ondersteun nie voldoende ontwikkel is nie. Edublox ontwikkel hierdie grondvaardighede, en oefen ook daarmee saam lees en spel. Ons klinieke en sentrums bied klasse aan (sien https://edubloxsa.co.za/contact-us/ vir kontakbesonderhede), maar ons het ook ‘n aanlynprogram as afstand ‘n probleem is. Die lees- en speloefening van ‘Reading Tutor’ is ook in Afrikaans beskikbaar. Sien https://www.edubloxtutor.com vir meer besonderhede.

      Sterkte, Susan

Leave a Message

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to toolbar