
An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.
Lees is die belangrikste vaardigheid wat ‘n kind op skool moet verwerf, want hy leer om te lees met ‘n bepaalde doel voor oë — sodat hy kan lees om te leer.Lees is veel meer as net die herkenning van woorde. Dit is ‘n holistiese proses wat die kind in totaliteit betrek. Reeds so lank gelede as in 1941 het Charters die belangrikheid van lees soos volg uitgelig:
Gebrekkige leesvaardighede, veral in die grondslagfase, kan ‘n kind se skoolvordering beduidend beïnvloed. Leesagterstande by leerders kan aanleiding gee tot probleme soos wangedrag, skolastiese onderprestasie, onderbenutting van leerpotensiaal en die onvermoë om ‘n betekenisvolle betrekking te bekom.
Tensy mens weet wat ‘n probleem veroorsaak, kan mens dit nie oplos nie. ‘n Siekte soos skeurbuik het die lewens van derduisende matrose op lang seereise geëis. Die siekte is vinnig hokgeslaan toe die oorsaak van die probleem, naamlik ‘n tekort aan vitamien C, ontdek is. ‘n Goeie vertrekpunt sal dus wees om die vraag te vra: “Wat veroorsaak leesprobleme?”
Om die oorsaak van leesprobleme te verstaan, is dit belangrik om te weet dat leer ‘n laagsgewyse gebeure is. Dit beteken dat daar ‘n bepaalde volgorde merkbaar is by leer. Sekere dinge moet eers aangeleer word, voordat dit moontlik word om ander dinge aan te leer. Die wyse waarop skoolstelsels oral in die wêreld georganiseer word, is ‘n erkenning hiervan. ‘n Mens kan nie jou kind eers universiteit toe, of na enige hoër klas toe stuur nie. Hy moet by die eerste klas begin, en dan jaar na jaar na hoër onderwysvlakke vorder.
‘n Verdere eenvoudige en praktiese voorbeeld is die feit dat ‘n kind eers geleer moet word om te tel, voordat dit moontlik word om hom te leer om op te tel en af te trek. Om te kan tel is dus ‘n voorvereiste om berekenings te kan doen.
Hierdie laagsgewyse eienskap van leer kan ook aan die hand van sport, byvoorbeeld yshokkie, verduidelik word. Voordat ‘n persoon yshokkie kan speel, moet hy eers leer om baie goed te skaats. Nadat hy geleer het om vorentoe te skaats, moet hy ook leer om agteruit te skaats en om binne ‘n oogwink te kan stop of van rigting te verander. Wanneer hy hierdie vaardighede so goed bemeester het dat hulle as ‘t ware geoutomatiseerd geraak het, is hy gereed vir die volgende vlak, naamlik om al die elemente, waaruit yshokkie bestaan, te bemeester. Dan kan hy, byvoorbeeld, begin leer om die rubberskyf met sy yshokkiestok te beheer, om dit uit te gee en te skiet, en om sy opponent te stamp of te skouer. Nadat hy al hierdie vaardighede bemeester het en intussen ook die reëls van die spel geleer het, kan hy begin om hierdie vaardighede in die spelsituasie toe te pas.
Net soos wat daar ‘n verskeidenheid van vaardighede is wat ‘n voorvereiste vir die spel yshokkie is, so is daar ‘n verskeidenheid vaardighede wat laagsgewys een na die ander aangeleer moet word en wat as voorvereistes vir lees dien.
Met programme van wêreldgehalte, insluitend rekenaartegnologie, bevorder Edublox dié vaardighede wat die boustene van lees — en daarom ook van leer — is. Vaardighede sluit die volgende in:
Deur hierdie grondvaardighede in die onderbewyssyn te stoor word hulle geoutomatiseer. Terselfdertyd kry die leerder ook die geleentheid om hierdie grondvaardighede onmiddellik in die praktyk toe te pas. Die resultaat is verbeterde lees- en leervermoë wat lei tot beter skoolprestasie, en terselfdertyd ook die leerder se selfbeeld bou en sy/haar selfvertroue bevorder.
‘n Ouer wat enige van die simptome, wat hieronder beskryf word, in sy of haar kind opmerk, behoort te weet dat die kind hulp nodig het:
Sommige kinders slaag daarin om vir ‘n lang tyd hul onvermoë om te lees weg te steek. Hulle vra die ouer om vir hulle ‘n bladsy voor te lees, en dan “lees” hulle dit daarna. Wat in werklikheid gebeur, is dat hulle die stukkie memoriseer terwyl die ouer dit lees, en dan herhaal hulle dit eintlik volgens geheue. Dit is eers later, wanneer die leeswerk wat hulle moet doen, te veel word om suksesvol te memoriseer, dat hulle onvermoë om te lees openbaar word.
We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.
2 Responses
I would love to teach children to read or to start a reading centre for disadvantaged children in townships.
How do i go about it?
Dear Desire
Kindly contact Henk at info@edublox.com with your proposal.
Regards
Susan