fbpx

Ruimtelike Oriëntasie: Wat Dit Is en Hoe Om Probleme te Oorkom

Ruimtelike oriëntasie verwys na die vermoë om die verhouding van ‘n voorwerp tot die waarnemer waar te neem.

As ‘n kind ruimtelike oriëntasieprobleme het, sal hy heel waarskynlik die volgende simptome openbaar, skryf Dr Nicolette A de Beer in haar boek Lees- en Spellingprobleme: Diagnosering en Remediëring:

  • Die kind sal dit moeilik vind om die ruimte om hom te ken. Hy kan dikwels nie onderskei tussen begrippe soos voor, agter, links, regs, bo, onder, op en af nie. Die skolastiese manifestasies van ruimtelike oriëntasieprobleme is gewoonlik die volgende:
    .

* verwarring van die b en die d: die kind ondervind probleme om te onthou watter kant toe die magie van die b of die d wys;

* woorde word ook verkeerd om gelees, byvoorbeeld kat in plaas van tak;
.

  • Topografiese verwarring: dit is die onvermoë om legkaarte, grafieke en vloerplanne te interpreteer. Die leerder vind dit moeilik om betekenis te heg aan dergelike ruimtelike simbole.
    .
  • Dischronometrie: dit is die onvermoë ten opsigte van volgorde en tydsoriëntering. Die leerder vind dit moeilik om met behulp van ‘n horlosie die tyd te bepaal of die dae van die week, die maande van die jaar of die letters van die alfabet in volgorde weer te gee.
    .
  • Laastens ondervind die kind met ruimtelike oriëntasieprobleme ook probleme om te leer skryf. Hy kan dikwels nie onthou op watter lyntjie hy moet skryf nie, of na watter kant toe om hy die letters moet maak nie.
    .

By Edublox verbeter ons leerders se leervaardighede, insluitend hulle ruimtelike oriëntasie.


Meer inligting:

Edublox lees- en leerklinieke spesialiseer in breinopleiding wat kinders slimmer maak, en hulle help om vinniger, makliker en beter te leer en te lees. Die klasse spreek die volgende aan:

* Konsentrasie: Gefokusde, volgehoue en verdeelde aandag.

* Perseptuele vaardighede: Visuele en ouditiewe voorgrond-agtergrond onderskeidingsvermoë; visuele en ouditiewe diskriminasie, sintese en analise; vorm-onderskeiding; ruimtelike verhoudings.

* Geheue: Visueel en ouditief, kort- en langtermyn, reeks-, ikoniese en werkende geheue.

* Logiese denke: Deduktiewe en induktiewe redenering.

* Lees, spel, woordeskat en begrip.

Klasse word in Afrikaans en Engels aangebied. Kontak ons


Sukkel jou kind met ruimtelike oriëntasie? Só kan Edublox help:.

“Alexander het aangesluit by die Edublox-program omdat hy gesukkel het met lees, woordherkenning, spelling, asook omkerings bv. b/d en p/9/q.

“Sy hardop lees het baie verbeter asook die spoed. Wanneer hy ‘n woord klank, doen hy dit nou op die korrekte manier van links na regs en nie soos in die verlede dat hy by die laaste letter van die woord begin en terugklank nie. Die omkerings van die b/d en p/9/q is reggestel. Alexander se ouditiewe geheue het verbeter en hy verstaan beter wat hy lees. Sy woordherkenning is goed en sy spelling is op standaard. Alexander se logiese denke het baie verbeter! Hy het selfs ‘n liefde vir lees ontwikkel. Hy neem ‘n boek uit sy eie en lees sonder dat ek hom hoef aan te moedig.”

Tristan

Adel Weber

“Tristan is ‘n besige 8-jarige seuntjie. Hy het aanvanklik gesukkel in meeste afdelings van Graad 2. Lees en konsentrasie was al van Graad 1 maar ‘n gesukkel, asook sy handskrif wat onnet was. Letters en syfers is soms nog verkeerd om geskryf. Tristan het in April 2014 met Edublox begin.

“Tristan het byna op alle vlakke verbeter veral met sy lees, skryf en konsentrasie. Hy het van ‘voldoende’ resultate na ‘uitstaande’ resultate verbeter. Daar is nou byna geen omkerings van letters en syfers nie. Die aangehegde verslag toon dat hy in die tweede kwartaal aansienlik verbeter het en die vierde kwartaal was net soveel beter.”

Nadine Daniell
26 Januarie 2015


Klik hier
 vir 700+ suksesverhale

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar