Stel jou voor dat jy nie kan lees nie. Jou akademiese loopbaan sal nie verder gaan as hoërskool nie, wat jou kanse om jou ooit op te werk in die wêreld ernstig sal kniehalter.
Aangesien jy nie ‘n aansoekvorm kan invul nie, sal jy nooit sonder hulp kan aansoek doen vir ‘n werk nie. Jy sal nie met vriende kan korrespondeer nie, vir jou plesier kan lees of jou kinders met slaaptydstories bederf nie. Jy sal nie padtekens, die instruksies op ‘n medisynebottel, of die spyskaart in ‘n restaurant kan lees nie. In ‘n lesende wêreld sal jy dus eintlik ernstig gestremd wees.
Ongelukkig is leesprobleme ‘n werklikheid. Skokresultate toon dat Suid-Afrikaanse leerders konstant onderpresteer en nie net onder die swakste ter wêreld gereken word nie, maar ook onder die swakste in Afrika. Volgens Graeme Bloch, outeur van The Toxic Mix — What’s Wrong with South Africa’s Schools and How to Fix It, is 60% tot 80% van ons skole disfunksioneel: “They produce barely literate and numerate learners and (I) believe the country is headed for a national education crisis.”
Die gevolge
Volgehoue leesmislukking lei tot angs, verleentheid en frustrasie. “Reeds teen die einde van Graad 1 begin kinders wat moeilik leer lees minder positief oor hulself voel as toe hulle met skool begin het,” sê Dr G Reid Lyon, ‘n gewese navorser van die Nasionale Instituut vir Gesondheid (NIG) van die VSA. “Soos ons kinders volg deur laer- en hoërskooljare verswak hulle selfvertroue en die motivering om te lees selfs verder.”
“Skooluitsakkers, tienerswangerskappe, swak akademiese prestasie, misdaad — dit alles is uiteindelike gevolge van die onvermoë om te leer lees,” vervolg Lyon. Meer as drie dekades se navorsing deur die NIG het bevind dat uit die 10 tot 15 persent van kinders wat skool voortydig verlaat, meer as 75 persent leesprobleme het.
Vind die oorsaak
Tensy mens weet wat ‘n probleem veroorsaak, kan mens dit nie oplos nie. ‘n Siekte soos skeurbuik het die lewens van derduisende matrose op lang seereise geëis. Die siekte is vinnig hokgeslaan toe die oorsaak van die probleem, naamlik ‘n tekort aan vitamien C, ontdek is. ‘n Goeie vertrekpunt sal dus wees om die vraag te vra: Wat veroorsaak leesprobleme?
Om die oorsaak van leesprobleme te verstaan, is dit belangrik om te weet dat leer ‘n laagsgewyse gebeure is. Leer vind trapsgewys plaas. Jy moet eers een ding kan doen voor jy ‘n volgende kan bemeester. Daar is sekere grondvaardighede waarop lees berus en wat ‘n kind moet baasraak voordat hy kan leer lees, anders gaan hy leesprobleme hê.
Grondvaardighede moet nie verwar word met prosesse, strategieë of tegnieke nie. Die verskil tussen hierdie begrippe kan maklik aan die hand van rugby geïllustreer word. Om rugby te kan speel, moet ‘n persoon eers die grondvaardighede van rugby bemeester het, soos byvoorbeeld om ‘n bal te kan vang, te kan uitgee en te kan skop. Slegs daarna kan hy strategieë of tegnieke geleer word.
Grondvaardighede van lees
Grondvaardighede van lees sluit konsentrasie, verskeie perseptuele vaardighede, verskeie vorme van geheue en logiese denke in.
Visuele perseptuele vaardighede, wat ‘n voorvereiste vir lees is, sluit in die vermoë om visueel te kan diskrimineer, sintetiseer en analiseer in terme van voorgrond-agtergrond, vorm, grootte, kleur, en posisie in die ruimte. Mens moet ook ouditief kan diskrimineer, sintetiseer en analiseer.
Geheue bestaan uit visuele en ouditiewe geheue, kort- en langtermyngeheue, reeksgeheue en werkende geheue. Werkende geheue is die vermoë om tydelik sekere feite of gedagtes in die geheue te hou terwyl ‘n probleem opgelos word of ‘n taak verrig word.
Logiese denke is belangrik want dit gee die leser die vermoë om afleidings te maak, wat vereis dat ons dit wat ons weet gebruik om te probeer bepaal wat ons nie weet nie, of om ‘tussen-die-lyne’ te lees. Lesers wat afleidings kan maak gebruik leidrade uit die teks asook hulle eie ervarings om hulle te help ontsyfer wat nie direk gesê word nie.
Edublox-leesklinieke
Edublox lees- en leerklinieke spesialiseer in breinopleiding wat kinders slimmer maak, en hulle help om vinniger, makliker en beter te leer en te lees. Ons klasse spreek die volgende aan:
- Konsentrasie: Gefokusde en volgehoue aandag.
- Perseptuele vaardighede: Visuele en ouditiewe voorgrond-agtergrond onderskeidingsvermoë; visuele en ouditiewe diskriminasie, sintese en analise; vorm-onderskeiding; ruimtelike verhoudings.
- Geheue: Visueel en ouditief, kort- en langtermyn, reeks- en werkende geheue.
- Logiese denke: Deduktiewe en induktiewe redenering.
- Lees, spel, woordeskat en begrip.
Edublox aanlyn tutor
‘Development Tutor’ is ontwerp vir algehele kognitiewe ontwikkeling. Dis ideaal vir die ontwikkeling van konsentrasie, prosesseringspoed, geheue en redeneringsvermoë van kinders wat nie probleme met lees, skryf of wiskunde ervaar nie. Hierdie program voorkom leerprobleme, verander die tipiese leerder in ’n ster, en die sterk leerder in ’n superster!
‘Reading Tutor’ bestaan uit ‘Development Tutor’ sowel as ‘n omvattende lees- en speloefening, wat ook in Afrikaans beskikbaar is. Elkeen van die 1008 woorde het ‘n klankgreep sowel as ‘n foto en meestal ook teks om die betekenis van die woord te verduidelik. Met ‘Reading Tutor’ kan ‘n ouer ‘n kind se beginvlak kies:
- Basies: 2-4 letter woorde wat begin by in en mat, en eindig by mens en nuut.
- Intermediêr: 4-10 letter woorde wat begin by geut en figuur, en eindig by sjarme en rekeninkie.
- Gevorderd: 7-16 letter woorde wat begin by toiings en absoluut, en eindig by koëffisiënt en Renaissance.
Indien jy jou kind se lees- en spelvermoë wil verbeter, of sy leesprobleme wil oplos, en jy bly te ver van ‘n Edublox-kliniek, is hierdie program die antwoord vir jou.
Kontak jou naaste Edublox-kliniek vir hulp, of besoek die Edublox Online Tutor webtuiste vir meer inligting oor die aanlyn program en om jou kind te registreer.
Kan julle my asb kintak stel belang . Groete Nicoleen