
An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.
Edublox hier vir ‘n beter toekomsMarina Wilters is aan die stuur van hierdie nuwe lees- en leerkliniek en is opgewonde om die Noorwesters te help om hulle volle potensiaal te ontwikkel.
Sy is ‘n ou hand as dit kom by opvoedkunde en was vir 18 jaar verbonde aan die FET kollege in Polokwane as lektrise. Daar het sy ook haar eie leesskool in die middae van haar huis af bestuur en dis waar die gogga haar gebyt het, voordat sy Potchefstroom toe getrek het.
Hier was sy vir 3 jaar deel van die Noordwes Universtiteit se Leer- en Leesafdeling, waar sy daagliks met studente en skoolkinders gewerk het. Hier het sy besef hoe groot die agterstand kan wees wat studente en skoliere ervaar omdat hul lees- en leervaardighede nie op standaard is nie.
Vanuit hierdie bewuswording het sy besluit om deel te word van die Edublox-familie. Hierdie familie bestaan uit 20 franchises regoor die land en het meer as 1500 tevrede ingeskrewe leerders.
Edublox direkteur, Susan du Plessis, opvoedkundige outeur en disleksie-spesialis het die eerste Edublox Lees- en Leerkliniek in Pretoria in 2007 gestig. Die program en tegnieke wat hulle toepas, is die resultate van intensiewe studies in die vakgebied oor ‘n 30 jaar periode.
Edublox glo dat hulle tegnieke werk omdat dit gebaseer is op universele leerbeginsels; dis ook gebaseer op die kerneienskappe wat alle mense in gemeen het en daarom maak hulle ‘n drastiese verskil in die lees- en leervermoë van alle leerders.
Die Edublox hoofkantoor monitor alle lesse deur ‘n internetkamera wat lesse afneem en die vordering van elke leerder nagaan.
Na intensiewe Edublox-opleiding is Marina toegerus en haar klaskamers is kraakvars en gereed om kranige kinders te akkommodeer.
Marina het alreeds ‘n paar Edublox-klasse aangebied en een ouer se terugvoer vertel hoe haar kind die les so baie geniet het dat sy sommer elke dag wil gaan. Hierdie stelling som Marina se lewensuitkyk op ― sy glo in die regte balans tussen pret en leer en is geesdriftig oor Edublox.
Haar doel is om ‘n positiewe, opbouende omgewing te skep waar die kinders veilig voel en gelukkig kan funksioneer.
Marina glo dat elke kind uniek is en as ‘n individu hanteer moet word. Deur Edublox-klasse wil sy kinders leer dat goeie prestasie deel kan word van hulle lewensritme, as hulle die vaardighede het wat hulle toelaat om uit te blink en die selfvertroue om hierdie vaardighede se potensiaal te ontgin.
We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.