Logiese denke is die proses waardeur ’n mens redenering konsekwent en deurlopend gebruik om tot ’n besluit te kom. Probleme of situasies waarbinne logiese denke plaasvind verg struktuur, verbande tussen feite, en opeenvolgings van beredeneringe wat uiteindelik op ’n sinvolle gevolgtrekking uitloop.
Die verband tussen logiese denke en lees is lank reeds in die literatuur bevestig. Daar word gesê “daar is nie lees sonder redeneer nie” en daar word selfs gesê “lees is redeneer.”
Logiese denke is belangrik want dit gee die leser die vermoë om afleidings te maak, wat vereis dat ons dit wat ons weet gebruik om te probeer bepaal wat ons nie weet nie, of om ‘tussen-die-lyne’ te lees. Lesers wat afleidings kan maak gebruik leidrade uit die teks asook hulle eie ervarings om hulle te help ontsyfer wat nie direk gesê word nie.
Behalwe dat logiese denke belangrik is vir leesbegrip bestaan duidelike bewys daarvoor dat spesifieke opleiding in logiese denke mense “slimmer” maak. Sodanige opleiding stel kinders in staat om ontwykende antwoorde soos “ek weet nie,” of “dit is te moeilik,” te vermy. Dit bemagtig hulle om dieper te delf en beter begrip te verwerf oor hoe om by ‘n oplossing van ’n probleem uit te kom.
Logiese denke oefening
Hierdie oefening sal nie net help om jou kind se begrip te verbeter nie, maar ook op ‘n prettige wyse help om die brein se agteruitgang in die opkomende somervakansie te klop. In die voorbeelde hieronder moet jou kind die voorwerp kies wat nie in die groepie pas nie, en sê hoekom hy of sy so dink:
1.
vliegtuig
helikopter
trein
mikro-vliegtuig
2.
peperpot
mes
vurk
lepel
3.
man
hingsvul
merrie
seun
4.
melk
koffie
tee
aarbeie
5.
koerant
boek
tydskrif
radio
6.
roos
angelier
laventel
denneboom
7.
hond
perd
spinnekop
kat
8.
leeu
koei
skaap
vark
9.
rooi
blou
groen
geel
10.
reghoek
vierkant
parallelogram
driehoek
11.
swem
kanovaart
tennis
skubaduik
12.
appel
lemoen
piesang
pampoen
13.
somer
winter
herfs
reën
14.
agt
ses
sewe
vier
15.
Duitsland
Asië
Noord-Amerika
Afrika
16.
rok
sokkie
hemp
horlosie
17.
Engels
Frans
Spaans
Vereenigde State
18.
opera
musiekblyspel
perdespringsport
ballet
19.
perd
bok
kameel
donkie
20.
90º
reghoek
270º – 180º
270º – 90º
Antwoorde:
1. trein – al die ander verwys na lugvervoer
2. peperpot – al die ander is eetgerei
3. merrie – al die ander is manlik
4. aarbeie – al die ander is vloeistowwe
5. radio – al die ander is gedrukte media
6. denneboom – al die ander is blomme
7. spinnekop – al die ander het vier bene
8. leeu – al die ander is plaasdiere
9. groen – al die ander is primêre kleure
10. driehoek – al die ander het vier hoeke
11. tennis – al die ander is watersport
12. pampoen – al die ander is vrugte
13. reën – al die ander is seisoene
14. sewe – al die ander is veelvoude van 2
15. Duitsland – al die ander is kontinente
16. horlosie – al die ander is kledingstukke
17. Vereenigde State – al die ander is tale
18. perdespringsport – al die ander is teaterproduksies
19. bok – mens kan op al die ander diere ry
20. 270º – 90º – al die ander is 90º-hoeke
Kopiereg © 2015 Edublox (Pty) Ltd
0 Responses on Logiese Denke Belangrik vir Leesbegrip"