
An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.

Die drie bene van leer is lees, skryf en wiskunde. Die vraag aan enige ouer is: Hoe vaar jóú kind op hierdie drie deurslaggewende terreine?
“’n Kind se vermoë om te kan lees, skryf en wiskunde te doen vorm die grondslag van sy akademiese sukses, en beïnvloed sy potensiaal en toekomstige prestasies op elke terrein,” sê Sue du Plessis, direkteur van opvoedkundige programme by Edublox. “Sommige leerders kan nie lees nie, maar kan skryf; ander sukkel met wiskunde, maar lees maklik – dit is deurslaggewend dat ‘n kind ál drie onder die knie het.”
Lees is koning in die klaskamer. Dit vorm die grondslag van akademiese sukses regdeur ‘n kind se skool- sowel as sy universiteitsloopbaan.
Die voordele van lees strek egter veel verder. “Lees sal jou kind nuwe woorde leer en sy woordeskat uitbrei, sy algemene kennis verbeter, hom help om beter te konsentreer en op een taak te fokus. Moderne kinders word met soveel klank, lig en beweging van elektroniese toestelle gebombardeer dat lees eintlik die brein help ontspan,” sê du Plessis.
Net soos in die geval van lees, word die brein in hierdie kits-dae van Internet, SMS’e en tweets gestimulueer wanneer daar met die hand op papier geskryf word. “Skryf maak die brein wakker, aangesien kinders nie net vinniger leer lees wanneer hulle eers met die hand leer skryf nie, maar dit stel hulle ook in staat om hulle gedagtes beter te formuleer en inligting te onthou,” sê du Plessis.
Die laaste en ewe belangrike faset vir ‘n sterk akademiese onderbou is die vestiging van ‘n stewige wiskundige begrip. “Mense word maklik mislei om te glo wiskunde is nie ‘n voorvereiste vir ‘n suksesvolle loopbaan nie, maar in wetenskap, sake en selfs ons alledaagse bestaan kan ons nie van syfers ontsnap nie,” sê du Plessis.
‘n Kind se vermoë om te kan lees, skryf en wiskunde doen hang ten diepste van kognitiewe vaardighede soos aandagspan, visuele en ouditiewe persepsie, reeksgeheue en werkende geheue, en logiese denke af. “Maak seker hierdie vaardighede word goed ontwikkel,” sê du Plessis en gee die onderstaande wenke vir ouers wat hul kinders met lees, skryf en wiskunde wil help.
Edublox lees-, wiskunde- en leerklinieke spesialiseer in die bevordering van kinders se akademiese ontwikkeling deur opvoedkundige programme aan te bied wat fokus op kognitiewe ontwikkeling, lees, spel, begrip en wiskunde. In Maart vanjaar het Edublox drie nuwe konsessies in onderskeidelik Witbank en Middelburg in Mpumalanga, en George in die Wes-Kaap, geopen.
“Dit is belangrik dat ouers besef hoe vinniger hul kinders die nodige leiding en vaardighede kry om suksesvol te kan lees, skryf en wiskunde doen, hoe vinniger sal hulle daartoe in staat wees om doeltreffend te leer,” sê du Plessis.

We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.