Leer, Lees en Presteer met Edublox

Polokwane ObserverHierdie artikel het verskyn in die Polokwane Observer op 2 Junie 2012:

Leerders se leer- en leesprobleme kan iets van die verlede wees met die vindingryke Edublox-program wat deur oud-onderwyser, me Lizani Muller aangebied word.

Leerders se aandag en konsentrasie word verskerp, akkurate persepsie word ontwikkel, geheue word verbeter en logiese denke word boonop bevorder.

Die program is geskik vir graad 1-leerders en ouer wat tans onderpresteer of simptome van disleksie en aandagafleibaarheidsindroom (ADHD) toon.

Muller sê omdat hulle die oorsaak van leesprobleme aanspreek en nie die simptome van die leerder nie, stel dit hulle in staat om dié probleme effektief op te los.

Disleksie word as ‘n ernstige leesprobleem beskou wat ook spel- en skryfprobleme tot gevolg het.

Sy sê hulle volg stappe om die spesifieke swakhede te identifiseer, en dan te verbeter deur middel van onderrig en oefening.

Vir meer inligting oor die program kan Muller by 015 291 4099 geskakel word of besoen die webwerf www.edublox.co.za.

Comment on Post

We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.