Leer Afrikaans: Intensiewe Vorme

Intensiewe vormeIntensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad en word dus gebruik om ‘n byvoeglike naamwoord te versterk. ‘n Voorbeeld hiervan is brandarm, wat baie arm beteken.

In Afrikaans skryf ons intensiewe vorme altyd vas (as een woord), behalwe by wawyd oop, wawyd wakker, nugter wakker, druk besig en rasend honger.

Intensiewe vorme van a tot z:

  • af > morsaf
  • alleen > stokalleen; stoksielalleen; vingeralleen; moedersielalleen; manalleen; vroualleen
  • arm > brandarm
  • bang > doodbang; vrekbang
  • bedaard > doodbedaard
  • bekend > alombekend; wêreldbekend
  • bekommerd > doodbekommerd
  • belangrik > lewensbelangrik
  • benoud > doodbenoud
  • beroemd > wêreldberoemd
  • besig > druk besig
  • bitter > galbitter; aalwynbitter
  • blank > lelieblank (uitsonderlik wit)
  • bleek > doodsbleek ; wasbleek
  • blind > stokblind
  • blink > skitterblink
  • blou > potblou; hemelsblou
  • bly > doodbly
  • bont > papegaaibont
  • breed > hemelsbreed


  • bruin > sjokoladebruin
  • deftig > kraakdeftig
  • deur > middeldeur; dwarsdeur
  • diep > enkeldiep; kniediep
  • dig > potdig (heeltemal dig)
  • dik > knuppeldik; trommeldik
  • dom > klipsteendom; eseldom
  • donker > pikdonker; stikdonker; nagdonker
  • dood > morsdood
  • doof > stokdoof; potdoof; kwarteldoof
  • dronk > smoordronk; papdronk; stormdronk; horingdronk
  • droog > kurkdroog; horingdroog
  • duidelik > glasduidelik
  • dun > plankdun; papierdun
  • duur > peperduur; bitterduur
  • eenvoudig > doodeenvoudig
  • eerlik > doodeerlik
  • ellendig > doodellendig
  • ernstig > doodernstig
  • flou > stokflou
  • fris > perdfris
  • fyn > haarfyn; ragfyn; piekfyn (uitstekend)
  • gaar > doodgaar
  • gedaan > doodgedaan
  • geduldig > doodgeduldig
  • geel > goudgeel; borriegeel; kanariegeel
  • gek > stapelgek
  • gelief > alomgelief
  • gelukkig > dolgelukkig; sielsgelukkig; doodgelukkig
  • gemaklik > doodgemaklik
  • gerus > houtgerus; doodgerus
  • gesond > blakendgesond
  • getrou > lewensgetrou
  • gevaarlik > doodsgevaalik
  • gewoon > doodgewoon
  • glad > seepglad; spieëlglad
  • goed > bittergoed; doodgoed


  • goedkoop > spotgoedkoop
  • goor > hondgoor
  • graag > dolgraag; bittergraag
  • groen > grasgroen; lowergroen
  • groot > lewensgroot
  • grou > loodgrou (grys, bv. loodgrou hemel)
  • grys > loodgrys
  • hard > kliphard; klipsteenhard
  • heet > snikheet (uitsonderlik warm)
  • helder > glashelder
  • honger > skreeuhonger; rasend honger; vrekhonger
  • hoog > hemelhoog
  • jammer > doodjammer
  • jonk > bloedjonk
  • kaal > poedelkaal; winterkaal (landskap of tuin)
  • kalm > doodkalm
  • klaar > klinkklaar
  • klein> piepklein
  • koel > komkommerkoel
  • koppig > vrekkoppig
  • koud > yskoud; bibberkoud
  • krom > hoepelkrom
  • kwaad > smoorkwaard; doodkwaad
  • lam > boeglam
  • lang > ellelang
  • lank > lewenslank
  • leeg > dolleeg
  • lekker > watertandlekker; vingerleklekker; smullekker
  • lelik > skreeulelik; hondlelik; vreklelik
  • lewendig > springlewendig
  • lig > veerlig
  • luiters > doodluiters (onskuldig, asof niks wetende nie)
  • maer > brandmaer; vrekmaer
  • mak > hondmak
  • maklik > doodmaklik; spotmaklik
  • mal > aapmal
  • moeg > lewensmoeg; doodmoeg
  • moeilik > hondmoeilik
  • mooi > prentjiemooi
  • min > bloedmin; broodmin
  • nakend > poedelnakend
  • nat > papnat; sopnat; druipnat; papsopnat


  • natuurlik > doodnatuurlik
  • netjies > kraaknetjies
  • nodig > broodnodig
  • noodsaaklik > lewensnoodsaaklik
  • nugter > doodnugter
  • nuuskierig > doodnuuskierig
  • nuut > splinternuut
  • ongelukkig > sielsongelukkig; doodongelukkig
  • onnosel > domonnosel; kliponnosel
  • onskuldig > doodonskuldig
  • oop > wawyd oop
  • oortuig > doodoortuig
  • oranje > skeloranje
  • orent > penorent
  • oud > stokoud; horingoud; stokhoringoud
  • pers > pimpelpers
  • pienk > skreeupienk
  • prettig > dolprettig
  • raak > doodraak (‘n hou doodraak slaan)
  • reg > doodreg (korrektheid); loodreg (reguit)
  • regop > kiertsregop; kersregop; penregop
  • reguit > reëlreguit; pylreguit; penreguit
  • rond > koeëlrond
  • rooi > bloedrooi; skarlankenrooi; tamatierooi
  • rou > bloedrou (vleis)
  • rustig > doodrustig
  • ryk > skatryk
  • ryp > papryp; doodryp (vrugte)
  • saai > doodsaai (vervelend)
  • sag > fluweelsag; satynsag; murgsag
  • seker > doodseker
  • siek > hondsiek; doodsiek
  • simpel > doodsimpel
  • skaam > rooiskaam; doodskaam
  • skeef > windskeef
  • skelm > jakkalsskelm
  • skerp > vlymskerp
  • skoon > silwerskoon (higiëne); beeldskoon en wonderskoon (besonderlik mooi)
  • skraal > rietskraal
  • sku > skilpadsku
  • slap > papslap
  • slim > vrekslim
  • snaaks > skreeusnaaks
  • snel > blitssnel; pylsnel (beide beteken baie vinnig)
  • soet > suikersoet; stroopsoet (so soet soos stroop of gehoorsaam)
  • sout > pekelsout
  • stadig > doodstadig
  • stil > tjoepstil; doodstil; botstil; muisstil
  • styf > stokstyf
  • suinig > vreksuinig
  • suiwer > kristalsuiwer
  • suur > asynsuur
  • swaar > loodswaar
  • swak > doodswak; kuikenswak
  • swart > pikswart; gitswart; pikgitswart
  • taai > rateltaai
  • tevrede > doodtevrede
  • toe > bot-toe; pot-toe
  • vaal > asvaal
  • vars > kraakvars; neutvars; oondvars
  • vas > bankvas; rotsvas
  • veilig > doodveilig
  • verbaas > stomverbaas
  • vererg > doodvererg
  • verleë > doodverleë
  • verlief > smoorverlief; dolverlief
  • verlig > helderverlig
  • verskrik > doodverskrik
  • verveeld > doodverveeld
  • vervelend > doodvervelend
  • vervelig > doodvervelig
  • vet > spekvet; blinkvet; moddervet
  • vies > doodvies
  • vinnig > blitsvinnig
  • vol > stampvol; propvol
  • vreemd > wildvreemd
  • vriendelik > katvreindelik; doodvriendelik
  • vrot > papvrot
  • vry > skotvry; voëlvry; tolvry
  • vuil > moddervuil
  • wakker > nugter wakker; wawyd wakker
  • warm > vuurwarm; helwarm; snikwarm
  • weinig > bloedweinig
  • wit > spierwit; melkwit; lankenwit
  • wyd > wawyd

 

43 Responses on Leer Afrikaans: Intensiewe Vorme"

  1. Anoniem says:

    Wat is lig se intensiewe vorm?

  2. Gabaikangwe Mosala says:

    wat is intensiewe vorm vir maklik

  3. Vivien Wessels says:

    Wat is .’wild’ se intensiewe vorm

  4. Malinda Springhall says:

    Wat is die intensiewe vorm van krom

  5. Gadhisha says:

    Wat is die intensiewe form van toe en slaap

  6. Jonathan says:

    Wat is die intensiewe vorm vir baie mak is

  7. Bryan says:

    Wat is die intensiewe vorm van vat?

    • Dis net beskrywende woorde wat intensiewe vorme het, so vat (‘n werkwoord — ek vat iets — of selfstandige naamwoord — soos ‘n wynvat) het nie ‘n intensiewe vorm nie.

  8. hannah says:

    intensiewe vorm van jong

    • Bloedjong. Hier is dit in ‘n sin: Die bloedjong akteur Andahr Cotton (22) speel die rol van die rebelse laatlamboetie, Jacques, in Netwerk24 se aanlyn blitssepie, Die Testament. Netwerk24 het meer oor hom gaan uitvind.

  9. Sartjie says:

    Wat is vinnig se intensiewe vorme

  10. Anoniem says:

    wat is troos se intensiewe vorm?

  11. Lora says:

    Intensiewe form van aggresief?

  12. hazel says:

    This such a great website just wish it was an app

  13. Wat is die intensiewe vorm van fokus

    • Dis net beskrywende woorde wat intensiewe vorme het, so fokus (‘n werkwoord of selfstandige naamwoord) het nie ‘n intensiewe vorm nie. Die beskrywende woord is gefokusde, soos byvoorbeeld gefokusde luister. Ek is nie seker of gefokusde ‘n intensiewe vorm het nie.

  14. Marlene says:

    Wat is die intensiewe vorm van heerlik

  15. Tasha says:

    what is nuwe se intensiewe vorm

  16. Anoniem says:

    Wat is “moderne” se intensiewe vorm?

  17. Limilo says:

    Wat is die intensiewe vorm can wêreldberoemd of wêreldbekend?

  18. Leanne says:

    Wat is die intensuwevorm van sommige

  19. Wynand says:

    Wat is die intensiewe vorm van wortel en drink

  20. Zubair says:

    What is verleel se intensiewe vorm

  21. karen says:

    wat is die intensiewe vorm van brood

  22. Rush e says:

    Cool

  23. Cheryl Holl says:

    Dankie baie hulpvaardig

Leave a Message

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to toolbar