My Kind Doen Swak op Skool

Bianca maak haar 11-jarige dogter, Marli, se rapport oop en kan nie glo wat sy sien nie. Die woorde “voldoen nie aan die vereistes nie” en “moet dringende aandag kry” lyk vir haar onwerklik.

Marli is pligsgetrou. Sy doen elke dag haar huiswerk en leer hard vir toetse. Tog weerspieël haar punte nie die moeite wat sy insit nie.

Soos baie ouers wonder Bianca: “Wat gaan ek nou doen?”

As jou kind swak op skool presteer, is dit natuurlik om bekommerd, gefrustreerd of selfs skuldig te voel. Die goeie nuus is dat swak skoolprestasie nie altyd beteken dat ‘n kind nie hard genoeg werk of nie slim genoeg is nie. Dikwels is dit ‘n teken dat daar ‘n onderliggende leerprobleem is wat aangespreek moet word.

Swak skoolprestasie is ‘n simptoom, nie die probleem nie

Wanneer ‘n kind sukkel met lees, spelling, wiskunde of begrip, is dit belangrik om verder te kyk as die swak punte op die rapport.

Onderliggende probleme kan insluit:

  • swak aandag en konsentrasie,
  • beperkte werkgeheue,
  • stadige verwerkingspoed,
  • swak visuele of ouditiewe verwerking,
  • lees- of spelprobleme,
  • of ander leerhindernisse.

As die werklike oorsaak nie geïdentifiseer word nie, help langer ure se leer of ekstra huiswerk dikwels nie.

Die impak op die kind

Wanneer kinders herhaaldelik ervaar dat hulle nie aan akademiese verwagtinge voldoen nie, raak dit meer as net hul punte.

Baie kinders begin aan hul eie vermoë twyfel. Hulle verloor selfvertroue, vermy uitdagings en ontwikkel negatiewe gevoelens oor skool. Sommige raak angstig, terwyl ander eenvoudig ophou probeer omdat hulle glo hulle gaan in elk geval misluk.

Daarom is dit belangrik om vroeg in te gryp voordat swak prestasie ‘n blywende invloed op ‘n kind se selfbeeld het.

Die impak op die gesin

Wanneer ‘n kind sukkel, raak dit die hele gesin.

Ouers spandeer ure aan huiswerk, betaal vir ekstra klasse en bekommer hulle voortdurend oor hul kind se toekoms. Indien ‘n kind uiteindelik ‘n graad moet herhaal, bring dit ook verdere finansiële en emosionele druk mee.

Om die onderliggende oorsaak betyds aan te spreek, is dikwels ‘n beter belegging as om jaar na jaar net die simptome te probeer bestuur.

Betydse hulp kan ‘n groot verskil maak

Zuan

Marina Viljoen vertel van haar seun, Zuan:

“Gedurende Augustus het ons baie gesukkel met Zuan se skoolwerk. Dit was slordig en sy juffrou het vir ons gesê dat hy nie graad 4 gaan slaag nie. Zuan het baie gesukkel met konsentrasie en stadig gewerk. Sy skrif was ook van so aard dat die juffrou dit nie kon lees nie.

Ek het op Edublox se Facebook-blad afgekom en hom vir ‘n assessering geneem. Daarna het ons besluit om hom vir ‘n jaar by Edublox in te skryf.

Na ‘n paar maande kon ons reeds ‘n groot verskil sien. Sy handskrif het aansienlik verbeter, huiswerk was nie meer ‘n nagmerrie nie en hy het dit baie vinniger voltooi. Sy boeke was netjies en nie meer vol rooi merke nie.

Groot was ons verligting toe hy aan die einde van die jaar na graad 5 bevorder is. Sy lees en spelling het ook só verbeter dat hy later volpunte vir spelling gekry het.”

Moenie wag nie

Hoe vroeër leerprobleme geïdentifiseer en aangespreek word, hoe beter is die kanse dat ‘n kind weer selfvertroue sal ontwikkel en akademies sal vorder.

As jou kind hard werk maar steeds swak presteer, hoef julle nie alleen daarmee te worstel nie.

Besoek ons Kontak Ons-blad en maak kontak met die Edublox-tak naaste aan jou, of voltooi die vorm onderaan die bladsy. Ons help graag om die onderliggende oorsaak van jou kind se leerprobleme te identifiseer en die regte ondersteuning te bied.


Comment on Post

We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!

One Response

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.