
An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.
Die beste raad is altyd: studeer regdeur die jaar. Maak opsommings/breinkaarte aan die einde van elke onderwerp/hoofstuk sodat, teen twee tot drie weke voor die eksamen, die hardste werk reeds gedoen is en die eksamentyd slegs hersiening behels. Wanneer ʼn mens staatmaak om alles gedoen te kry reg voor die eksamen, dra dit by tot onnodige stres wat jou brein sal keer om die inligting behoorlik en georganiseerd te stoor en te onthou. Jy maak staat op jou korttermyngeheue, wat beteken dat die inligting nie deurdring tot jou langtermyngeheue nie en gou vergeet kan word.
Die hersieningsrooster moet sover moontlik ooreenstem met die eksamenrooster. Indien dit nie bekend is nie, begin met die vakke wat die meeste werk vereis. Wees realisties wanneer besluit word hoeveel tyd aan elke vakke toegeken moet word. Baken jou werk af in hoofstukke of aantal bladsye. Werk afwisselend aan twee vakke — dit sal help om motivering en konsentrasie te behou.
.
Hoërskoolkinders kan tot ʼn uur op ʼn slag studeer, terwyl jonger leerders enigiets tussen 30 en 50 minute kan konsentreer. Dit wissel van persoon tot persoon. Gereelde blaaskanse van 10 minute is nodig om:
Dit is goed om gereeld gesonde verversings te eet en water te drink. Sorg dat jou blaaskans weg is van jou studeerkamer. ʼn Langer breuk elke drie ure is belangrik.
.
ʼn Goeie studiearea moet voldoen aan die volgende basiese vereistes:
Baie leerders verkies om op hul bed te lê en studeer. Terwyl dit aanvaarbaar is om op die bed te lê en lees vir kort rukkies, is dit nie ʼn goeie posisie vir volgehoue studie nie. Eerstens, kan lê jou slaperig maak en dit dus moeilik maak om te konsentreer. Tweedens is dit swak vir jou oë, aangesien jy te na aan jou boek lê en teen ʼn te skerp hoek lees.
Opinies oor musiek luister tydens studie is uiteenlopend, maar dit ís so dat sekere leerders sal verkies om na musiek te luister en voel dat dit hulle beter laat studeer. Daar is ooreenstemming dat musiek met lirieke en populêre musiek aandag kan aftrek en negatief kan inwerk op leer. Klassieke musiek (soos Mozart) en rustige instrumentele musiek kan konsentrasie verbeter vir sekere leerders.
.
Genoeg slaap is essensieel. Hoe meer uitgerus jy is voor ʼn eksamen, hoe beter sal jy kan dink, skryf en probleme oplos. Dit is goed om minstens nege ure se slaap te probeer inkry voor ʼn eksamen, maar ook in die algemeen gedurende die eksamentyd.
.
Individue verskil — party mense het meer energie in die oggend en kan dan op hulle beste konsentreer, terwyl ander meer energiek is in die aand en dan op hulle beste funksioneer. Daar is voordele aan elk gekoppel: in die oggend is die brein vars en kan op sy beste nuwe inligting absorbeer, terwyl slaap na studie laataand geleentheid gee vir die brein om inligting wat reeds geleer is te konsolideer en stoor.
Ongeag of leerders in die oggend of in die aand op hulle beste leer, is die volgende beginsels belangrik:
.
Wees uitgerus en ontspan. Moenie tot laat die vorige aand of in die uur voor die eksamen leer nie.
Probeer om nie aan die eksamen te dink nie. Moenie notas saamneem na die eksamen nie — jy het geleer wat jy kon!
Hidreer! Moenie liters water drink sodat jy onnodiglik die badkamer moet gebruik nie, maar ʼn bietjie water is belangrik. Hou ʼn bottel water by jou in die eksamen en neem klein slukkies om jou brein te verfris.
.
Dit is baie belangrik om onnodige angs en spanning te vermy op die dag van die eksamen. Wanneer jy gespanne word, stuur jou hart meer bloed na jou spiere toe en minder na jou brein sodat jy minder helder kan dink. Hier is ʼn paar wenke:
Hier is ʼn asemhalingstegniek wat jy kan gebruik:
.
Beplan jou tyd. Trek vyf minute af vir beplanning en om vinnig die vraestel deur te lees; dit sal jou brein voorberei om te begin filtreer deur die feite wat jy geleer het. Deel die oorblywende tyd deur die aantal punte om uit te werk hoeveel tyd daar is vir elke punt. Dit verseker dat jy nie te veel tyd spandeer aan vrae wat nie baie punte tel nie.
Hoe om die vraestel te benader:
.
.
We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.