fbpx

Gesinspret: Toets Jou Kennis van Diere

animalsWonder jy hoe jy jou kinders en jouself hierdie Desember-vakansie gaan besig hou? Dawid van Lill se Die Groot Familie-vasvraboek belowe nie net vermaak vir die hele gesin nie, maar is gewaarborg om enigeen se kennis ‘n stewige hupstoot te gee. Byna elke denkbare onderwerp word in die boek gedek: sport, kuns en vermaak, tegnologie, geskiedenis, die lewende wêreld, uitvindsels, die ruimte, en bekende plekke en persoonlikhede. Hieronder is 19 vrae uit sy boek wat jou kennis oor diere toets. Rol tot onder vir die antwoorde:

Vrae:   

.
1.) Watter dier het die langste nek?

.

2.) Watter voël hardloop die vinnigste?

.

3.) Watter landdier weeg die swaarste?

.

4.) Watter reptiel kan sy oë onafhanklik van mekaar beweeg?

.

5.) Hoeveel tone het ‘n papegaai aan elke poot?

.

6.) Hoeveel bene is daar in ‘n olifant se slurp?

.

7.) Wat is die naam van Suid-Afrika se grootste knaagdier?

.

8.) Watter Nieu-Seelandse voël het dieselfde naam as ‘n vrug?

.

9.) Hoeveel pote het ‘n vlieg?

.

10.) Hoeveel nekwerwels het ‘n soogdier?

.

11.) Wat is ‘n aardwolf se stapelvoedsel?

.

12.) Watter reptiel word die grootste in Afrika?

.

13.) Wat is die naam van Suid-Afrika se grootste wildsbok?

.

14.) Watter reptiel word die oudste?

.

15.) Watter klein honderas is vernoem na ‘n dorp in Mexiko?

.

16.) Wat sal jy in jou hand hê as jy ‘n Pulex irritans op jou been gevang het?

.

17.) Watse Suid-Afrikaanse vis swem regop (stert na onder)?

.

18.) Noem een soogdier wat eiers lê.

.

19.) Watter voël kan agteruit vlieg?



Antwoorde:

.
1.) Kameelperd

.

2.) Volstruis

.

3.) Olifant

.

4.) Verkleurmannetjie

.

5.) Vier

.

6.) Geen

.

7.) Ystervark

.

8.) Kiwi

.

9.) Ses

.

10.) Sewe

.

11.) Termiete

.

12.) Krokodil

.

13.) Eland

.

14.) Skilpad

.

15.) Chihuahua

.

16.) ‘n Mensvlooi

.

17.) Seeperdjie

.

18.) Mierystervark (Echidna) /Eendbekdier (Platypus)

.

19.) Suikerbekkie

 

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar