
An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.
Die Edublox-kliniek in Vereeniging staan onder beheer van Marietha Mare, ‘n kranige sportvrou en bibliotekaresse wat besorgd geraak het omdat kinders algaande minder lees. Met verdere ondersoek het sy ontdek dat die kinders nie lèès nie omdat hulle nie kàn nie. Lees is moeilik, aldus lees hulle nie. Marietha het besluit om iets aan die saak te doen.
Sy het op Edublox afgekom, dit ondersoek en besluit dat dit die antwoord is. Sy het verskeie kursusse by die “vader” van Edublox gedoen, en later opgetree as Meesteropleier om mense in die gebruik van Edublox-programme op te lei. Marietha is dus al meer as ‘n dekade betrokke by die kognitiewe opleiding van kinders.
Alhoewel sy op skool en universiteit uitgeblink het in hoogspring, netbal en tennis, het sy haar drome van Wimbledon laat vaar om kinders met hulle leerprobleme te help. Daar is vir haar niks lekkerder as om te sien hoe ‘n seun, wat gevaar loop om Graad 3 te druip, na ‘n paar maande se Edublox-klasse een van die top-presteerders in Graad 4 word nie. ‘n Meisie wat nie kon spel nie kry nou sterretjies op haar speltoetse en dit is wat Marietha inspireer en aan die gang hou.
Marietha spandeer haar spaartyd saam met haar man en kinders.
Tel: (016) 423-7215
Sel: 082-789-5238
ePos: marietha@edublox.com
Adres: Umtata Straat 35, Drie Riviere, Vereeniging
We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.