
An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.
Hello Sue
Ek is bekommerd dat my kinders nie kreatief genoeg is nie. My oudste seun is ses jaar oud. Gister het hy en ’n vriend in die agterplaas gespeel. Sy vriend het gemaak asof hy ’n dinosaurus is en al wat my seun kon sê is, “daar is g’n dinosaurusse nie.” Hy speel nooit kamma-kamma nie, om die waarheid te sê, hy speel selde. Hy kyk so ‘n bietjie TV. Sy jonger broer is ook so. Wat’s fout?
Annelle
Liewe Annelle,
In die vorige rubriek het ons tot die gevolgtrekking gekom dat kreatiwiteit, net soos musikale of atletiese vermoëns, verbeter kan word deur opleiding en gefokusde oefening. Een van ons lesers het twee boeke voorgestel wat jy kan gebruik om jou kinders se kreatiwiteit te bevorder. Soos belowe, deel ek drie oefeninge hier, wat ook van hulp sal wees vir jou, sowel as ander mammas.
Die eerste oefening leer kinders om kreatief te dink op ’n konkrete vlak, die tweede op ’n skematiese vlak en die derde op abstrakte vlak. Gee aan jou seun die skematiese een na hy kreatiewe denke op konkrete vlak bemeester het en doen daarna die abstrakte vlak wanneer hy kreatiewe denke op skematiese vlak baasgeraak het.
In hierdie oefening moet die een of ander objek beskryf word, byvoorbeeld ‘n groot vierkantige Lego blokkie. Neem die blokkie, wys dit vir hom en vra: “Kan jy hierdie blokkie vir my beskryf?” Hy moet soveel moontlik eienskappe van die blokkie opnoem. As hy vassteek, kan hy deur goedgemikte vrae gelei word, byvoorbeeld:
Nadat hy die blokkie beskryf het, moet hy probeer om dit wat hy waargeneem het, toe te pas. Dit kan gedoen word deur vrae soos die volgende aan hom te stel:
Enige ander objek kan gebruik word en op dieselfde wyse hanteer word, byvoorbeeld ‘n potlood, ‘n pen, ‘n papierklemmetjie, ‘n vuurhoutjiedosie, ensovoorts.
In die vorige oefening is die een of ander konkrete objek gebruik vir beskrywing. In hierdie oefening word skematiese voorstellings gebruik, byvoorbeeld ‘n vierkant, ‘n sirkel, ‘n driehoek, ensovoorts.
Teken byvoorbeeld ‘n sirkel op ‘n stuk papier en begin, net soos in die vorige oefening, eers met ‘n beskrywing. Hy kan byvoorbeeld sê dit is ‘n sirkel, dit is rond, dit bestaan uit ‘n krom lyn sonder enige einde, die radius is oral ewe lank, ensovoorts.
Hierna kan jy hom vra wat hierdie skema alles kan voorstel. ‘n Sirkel lyk byvoorbeeld soos ‘n bal, die aarde, die son, ‘n bord, ‘n piering, die boonste rand van ‘n koppie, die letter O, ensovoorts.
Die doel van hierdie oefening is om abstrakte denke te bevorder. Jy moet dus slegs ‘n verbale beroep op die kind se ervaringswêreld gedoen. Geen konkrete objekte of selfs skematiese voorstellings word gebruik nie.
Voorbeelde is soos volg:
Beste wense,
Sue oor Skoolwessies
We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.