fbpx

Die Rol van Werkende Geheue in Lees

kinders-leesDie term werkende geheue is in die 1970’s deur twee navorsers, Baddeley en Hitch saamgestel, en verwys na die vermoë om tydelik sekere feite of gedagtes in die geheue te hou terwyl ‘n probleem opgelos word of ‘n taak verrig word.

Korttermyngeheue hou inligting slegs vir ‘n paar sekondes in die verstand terwyl dit verwerk word. Verwerkte inligting word dan permanent in die langtermyngeheue vasgelê. Die werkende geheuestelsel tree as aktiewe tussenganger in die inligtingsverwerkingarea van die brein op; dit is ‘n belangrike geheuestelsel en meeste van ons gebruik dit elke dag.

‘n Belangrike en deurlopende bevinding is dat ‘n swak werkende geheue leesbegrip benadeel. Lees is ‘n komplekse vaardigheid wat die gelyktydige aktivering van baie verskillende breinprosesse vereis. Wanneer ‘n woord gelees word, moet die leser die vorms van die letters asook die lettervolgorde herken, en moet hy kan segmenteer (die woord in individuele klanke opdeel). Dan, terwyl dit in die werkende geheue gehou word, moet hy die foneme (letterklanke) sintetiseer en saamvoeg om herkenbare woorde te vorm.

Om sinne te verstaan, is nog baie meer vaardighede nodig. Die leser moet nie net die woorde dekodeer nie, maar ook die sintaksis verstaan, die volgorde van die woorde onthou, kontekstuele aanwysings gebruik en dit integreer met bestaande kennis. Al hierdie moet gelyktydig gebeur om sinne te kan verstaan.

Terselfdertyd moet sinne in die werkende geheue gehou word en met mekaar geïntegreer word. Elke sin word gelees, verstaan, geassosieer en geïntegreer met die vorige een, en so meer. Uiteindelik het die leser die hele paragraaf gelees, en gaan hy dan voort na die volgende een.

Teen die einde van die hoofstuk moet beide die details en die hoofgedagte in die werkende geheue gestoor word, anders kan die leser dalk geïsoleerde feite onthou, maar nie die volgorde van gebeure onthou of die hoofgedagte verstaan nie.

By Edublox verbeter ons leerders se leervaardighede, insluitend hulle werkende geheue.

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar