
An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.
Ruimtelike oriëntasie verwys na die vermoë om die verhouding van ‘n voorwerp tot die waarnemer waar te neem.As ‘n kind ruimtelike oriëntasieprobleme het, sal hy heel waarskynlik die volgende simptome openbaar, skryf Dr Nicolette A de Beer in haar boek Lees- en Spellingprobleme: Diagnosering en Remediëring:
* verwarring van die b en die d: die kind ondervind probleme om te onthou watter kant toe die magie van die b of die d wys;
* woorde word ook verkeerd om gelees, byvoorbeeld kat in plaas van tak;
.
By Edublox verbeter ons leerders se leervaardighede, insluitend hulle ruimtelike oriëntasie.

Edublox lees- en leerklinieke spesialiseer in breinopleiding wat kinders slimmer maak, en hulle help om vinniger, makliker en beter te leer en te lees. Die klasse spreek die volgende aan:
* Konsentrasie: Gefokusde, volgehoue en verdeelde aandag.
* Perseptuele vaardighede: Visuele en ouditiewe voorgrond-agtergrond onderskeidingsvermoë; visuele en ouditiewe diskriminasie, sintese en analise; vorm-onderskeiding; ruimtelike verhoudings.
* Geheue: Visueel en ouditief, kort- en langtermyn, reeks-, ikoniese en werkende geheue.
* Logiese denke: Deduktiewe en induktiewe redenering.
* Lees, spel, woordeskat en begrip.
Klasse word in Afrikaans en Engels aangebied. Kontak ons
“Alexander het aangesluit by die Edublox-program omdat hy gesukkel het met lees, woordherkenning, spelling, asook omkerings bv. b/d en p/9/q.
“Sy hardop lees het baie verbeter asook die spoed. Wanneer hy ‘n woord klank, doen hy dit nou op die korrekte manier van links na regs en nie soos in die verlede dat hy by die laaste letter van die woord begin en terugklank nie. Die omkerings van die b/d en p/9/q is reggestel. Alexander se ouditiewe geheue het verbeter en hy verstaan beter wat hy lees. Sy woordherkenning is goed en sy spelling is op standaard. Alexander se logiese denke het baie verbeter! Hy het selfs ‘n liefde vir lees ontwikkel. Hy neem ‘n boek uit sy eie en lees sonder dat ek hom hoef aan te moedig.”

Adel Weber
“Tristan is ‘n besige 8-jarige seuntjie. Hy het aanvanklik gesukkel in meeste afdelings van Graad 2. Lees en konsentrasie was al van Graad 1 maar ‘n gesukkel, asook sy handskrif wat onnet was. Letters en syfers is soms nog verkeerd om geskryf. Tristan het in April 2014 met Edublox begin.
“Tristan het byna op alle vlakke verbeter veral met sy lees, skryf en konsentrasie. Hy het van ‘voldoende’ resultate na ‘uitstaande’ resultate verbeter. Daar is nou byna geen omkerings van letters en syfers nie. Die aangehegde verslag toon dat hy in die tweede kwartaal aansienlik verbeter het en die vierde kwartaal was net soveel beter.”
Nadine Daniell
26 Januarie 2015
We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.