Verbetering Duidelik Waarneembaar

Elceé was 'n potensiële druipeling. Hy het hard studeer maar die logika het ontbreek... Alhoewel Elceé laat in die jaar ingeskryf is, het daar reeds 'n verbetering ingetree. Met verwysing na sy rapporte kan die verbetering duidelik waargeneem word, bv....
Elceé

Elceé was ‘n potensiële druipeling. Hy het hard studeer maar die logika het ontbreek. Hy het ook gesukkel om sekere werk te memoriseer. Daar was ook ‘n problem met die lees van sekere woorde soos bv. “pakkery” i.p.v. “bakkery”. Ons enigste uitweg was die leeskliniek. Na deeglike toetsing was die probleemareas aan ons uitgewys, wat wel ons vermoede bevestig het.

Alhoewel Elceé laat in die jaar ingeskryf is, het daar reeds ‘n verbetering ingetree. Met verwysing na sy rapporte kan die verbetering duidelik waargeneem word, bv.

Vak: 1ste kwartaal 2de 3de
Tegnologie 14 29 60
SW Aard 34 17 48
SW Gesk 48 24 71

 

Elceé het Graad 6 geslaag, dít nadat sy rapporte verwys het na ‘vorder nie na wense nie. Bykomende ondersteuning en verbeterde prestasie is nodig vir progressie na Graad 7 aan die einde van die jaar.’

Elceé ondervind nog probleme met Wiskunde en sekere ander areas. Met die voltooiing van die leeskliniek se program glo ons dat Elceé met ‘n spog rapport sal wegstap.

Mev A Coetzer

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.