Edublox Lewer Langtermyn Akademiese Resultate

Zancha was gediagnoseer met disleksie en het swaar gekry op skool. Twee jaar se Edublox-klasse het egter 'n ommeswaai in haar lees- en leervaardighede teweeg gebring.

Zancha was gediagnoseer met disleksie en het swaar gekry op skool. Twee jaar se Edublox-klasse het egter ‘n ommeswaai in haar lees- en leervaardighede teweeg gebring. Haar skoolsielkundige het voorts bevestig dat Zancha se nie-verbale IK-punt met 25 punte verhoog het, en haar totale IK-punt met 14. Hier is ‘n paar hoogtepunte vanaf 2017 tot 2024.

2017:

Zancha in 2017

Zancha se mamma, Adel, skryf:

“Twee jaar terug het ons moedeloos by Susan aangeklop met harte wat in ons kele geklop het. Zancha kon nie lees nie. Sy het al hoe meer agtergeraak en haar punte het aanhou daal. Graad 4 was ‘n nagmerrie.

“Susan het verduidelik sy KAN ons help maar dis nie ‘n ‘quick-fix’ nie en dat dit gaan tyd vat. Zancha was op daardie stadium 2 jaar agter met haar leesvaardigheid.

“Vandag is ons in die helfte van Graad 6 en Zancha se punte het drasties verbeter. Sy is meer positief oor haar skoolwerk en glo meer in haarself.

“Ek weet nie waar sou ons gewees het sonder Susan en Edublox nie. Die liefde, geduld en ondersteuning wat ons van Susan en haar span gekry het is absoluut ongelooflik.

“Ek is van mening dat daar slegs EEN program is en dit is Edublox.

“Baie baie dankie Susan vir al jou en jou span se harder werk. Ons waardeer dit opreg!!!!”

Adel

2023:

Zancha is in matriek en behaal die Top-20 Akademie toekenning in kwartaal 2, sonder enige akkommodasies of konsessies.

2024:

Zancha slaag matriek in 2023 en in 2024 word sy ‘n onderwysstudent by Aros. Sy behaal ‘n gemiddeld van 71,7% in Oktober.

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.