
Kayla het in haar eerste skool jaar (2009) relatief goed gevaar. Sy het goed gevorder in uitkomste wat selfs ons verbaas het ā sy het deurgedring tot finale in redenaars, haar lees was op standaard, sy het ekstra Kumon klasse geneem en haar wiskunde was een van haar sterk punte. Gedurende die 4de kwartaal was sy blootgestel aan āboeliesā en vandaar het alles begin skeefloop! Na 3 operasies, verskeie intervensies by haar sielkundige om die insident te verwerk, het haar opvoedkundige sielkundige ons gewaarsku dat daar ān mate van post traumatiese stres kon manifesteer.
Ons as ouers het haar graad 2 jaar (2010) versigtig optimisties benader en het alle druk van haar probeer wegneem ā alle toesprake, skole sport ā enige moontlike wat ekstra stres op haar kon plaas is vermy. Buiten vir Kumon ā dit was een van haar sterk punte en dit het geblyk dat sy die geniet! Helaas, na die eerste kwartaal vind een van die eerste van vele gesprekke met die Juffrou plaas ā Kayla was besig om te onttrek en akademies het sy swakker begin vaar ā die ergste van als was gesyferdheid. Na oorleg met die Juffrou is die besluit geneem om Kumon eers te staak.
Na ān lang 1ste en 2de kwartaal is daar op aanbeveling van die skool besluit om haar opvoedkundig te laat evalueer! Die opvoedkundige sielkundige het geen akademiese probleme gediagnoseer nie ā buiten STRES! Die PTS wat sy ervaar het, het ān direkte invloed op haar geheue, logiese denke en konsentrasie gehad. Daar is aanbeveel dat sy met so min as moontlike stres faktore in aanraking moet kom en dat Juffrou ān belangrike rol speel in die gee van opdragte. Die skool het egter nie die verband tussen stres en die afname in akademiese vordering herken nie!!
Na vele konsultasies met die sielkundige het ons as ouers die Edublox stelsel ondersoek. Susan het deur haar evaluering bevestig dat Kayla se ouditiewe en visuele geheue uitermatig swak is! Sy het 2 klasse per week aanbeveel.
Kayla het met Edublox begin in Julie/Augustus 2010.
Die skool is formeel van ons āterapieā ingelig en dat ons nie die remediĆ«ring roete sou gaan nie. Verskeie wenkbroue is gelig en heelwat fronse is van die Juffrou gekry! Edublox word nie beskou as die konvensionele roete vir probleemoplossing nie.
Gedurende die 4de kwartaal het Juffrou baie positiewe terugvoer gegee ā Kayla het weer begin deelneem aan gesprekke in die klas, vrae begin vra, haar lees was uitstekend, spelling gemiddeld en alhoewel haar wiskunde nog nie op die akademiese vlak is waartoe ons weet sy in staat is nie, kan ons die verskil in haar as mens ervaar.
Ons het begin om geen verslae van die skool te lees nie ā en dit is ook weerhou van Kayla ā ons het die beskou as ān subjektiewe evaluasie van haar vordering! Die verslae het haar emosioneel afgetakel ā sy het baie hoĆ« eise vir haarself gestel. Ons as ouers het die heeltyd vir haar dit herbevestig dat ons weet sy doen net haar beste ā watter kind sal in elk geval nie net hul beste gee nie!
Ons het besluit om haar in te skryf vir die Nasionale Conquesta eksamen. Die evaluering vind onafhanklik plaas en word gedoen deur meervoudige keuse vrae te beantwoord. Die standaard van die vraestelle is uitermatig hoog! Juffrou het een aand geskakel ā sy was verras, verbaas, oorstelp. Kayla se vordering was merkwaardig ā sy het ān Goud gekry in Taalgeletterdheid; Brons in LewensoriĆ«ntering en Koper in Syfergeletterdheid.
Kayla begin selfvertroue herwin wat ān direkte inpak het op haar selfbeeld. Ek het vir die eerste keer my dogter hoor lag as sy ān storie lees ā die ervaring was meer waardevol as enige pot goud!
Susan het vir my as ouer baie beteken ā sy het ān rustigheid in my ontlok en my die versekering gegee (en doen nog steeds as ek as ouer dinge te vinnig wil āregā druk/toor) dat herkondisionering van kognitiewe vaardighede tyd neem en dat geduld die wagwoord is.
Dankie aan almal by Edublox.
Renette Gouws
Januarie 2011
Opvolg, 1 Desember 2011:Ā
—– Original Message —–
From: “Gouws” <zwise@tel…..>
To: “‘Edublox PTA East'” <susan@edublox.com>
Sent: Thursday, December 01, 2011 10:12 AM
Hi
Hoop dit gaan goed by jul š
Ons was gisteraand by Kayla se erkenningsaand en……. sy het 88% virĀ Afrikaans (Platinum) en 69% vir Wiskunde (Silwer) gekry in die ConquestaĀ Olimpiades. Ons is so trots op haar!!! Verlede jaar was dit ‘n Goud virĀ Afrikaans (70%) en Koper vir Wiskunde (onder 50%).
Volgens by waarneming het AL die ander Edu kids in graad 3 ook Platinum virĀ Afrikaans (Taalgeletterheid) ontvang.Ā VIVAĀ VIVAĀ EDU !!!!!!!!!!!
Groetenis
R




