An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.

Die rede waarom ons vir Shaun aan die begin van sy graad 1 jaar by Edublox ingeskryf het, was omrede sy graad R juffrou bekommerd was, omdat hy sukkel om sagte klanke te hoor en dit dus sy vordering met sy geletterdheid beperk. Ons het Shaun laat toets en uitgevind dat dit as gevolg van sy kwaai sinusse is dat hy met tye nie mooi kan hoor nie, waarvoor hy nou medikasie gebruik. As gevolg van hierdie probleem was ek en my man bekommerd dat hy gaan sukkel in sy graad 1 jaar, wanneer hy moet begin lees en het dus besluit om hom by Edublox in te skryf met die hoop dat dit sal help.
Tot ons verbasing was daar ‘n uitstekende verbetering. Shaun se geletterdheid het al die eerste kwartaal van graad 1 van ‘n 2 na ‘n 4 gespring. Sy lewensvaardighede het ook van ‘n 3 na ‘n 4 gespring. Sy graad 1 juffrou het geen probleme ondervind nie en sy spoed waarteen hy sy werk afhandel was puik, terwyl daar in graad R pal ‘n probleem daarmee was. Hy lees pragtig, met gemak en geniet dit baie.

Shaun se rapport, vóór hy by die Edublox-tak in Vereeniging begin het, en een jaar later. Geletterdheid het verbeter van ‘n 2 (Gedeeltelik bereik) in Graad R na ‘n 4 (Uitstekend bereik) in Graad 1:![]() |
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.