An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.
Beste Susan en Edublox personeel,
Daar is nie genoeg maniere waarop ek my waardering vir die werk wat julle doen kan uitspreek nie.
Deon (Graad 5) het verlede jaar gedurende die derde kwartaal by Edublox begin. Aan die begin het dit baie aanmoediging gekos om hom by Edublox te kry, maar na ‘n paar maande het hy die klasse geniet en met entoesiasme bygewoon. Sy selfvertroue in sy akademiese vermoëns het begin groei.
As ‘n leerder wat in Graad 3 met aandaggebreksindroom gediagnoseer is, was leer en lees vir hom ‘n geweldige uitdaging en ‘n tydrowende proses. As ouers het ons Deon aangemoedig om net sy beste te lewer; akademiese prestasies was ‘n ‘bonus’.
Dis ‘n jaar later en nie net het Deon se selfvertroue met rasse skrede verbeter nie, hy is ook besig om sy ‘bonus’ te verdien. Dit was wonderlik om Donderdag sy rapport te kry en die resultate van sy ywer te geniet. Sy algehele gemiddeld het van ‘n lae 60% na 72% gestyg. Die beste verbetering was in sy tale met 77% vir Afrikaans en 79% vir Engels!
Aan alle ouers wat Edublox oorweeg, weet net, dit is SO die moeite werd. Deur Edublox belê jy nie net in jou kind se akademie nie, jy belê in hom/haar as mens.
Dankie vir die seën wat julle is deur die werk wat julle doen. Die positiewe leeromgewing laat kinders glo in hulself en die akademiese resultate is die bonus.
Mag julle voortgaan om suksesvol wees!
Met opregte waardering,
Chantalle de Kock
(Brief vertaal)
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.