Studiegroepe

Hierdie artikel oor studiegroepe, en hoe om ‘n vraestel te beantwoord, waarin Edublox-kundiges aangehaal word, het verskyn in Beeld:

Voordele van studiegroepe:

■ Help met fokus oor wat om te leer;

■ Help met motivering;

■ Kan help om onduidelikhede uit te klaar. (Help mekaar en verduidelik in verstaanbare taal, nie onderwysertaal nie.); en

■ Kan dien as klankbord oor wat jy weet en nog nie weet nie.

Nadele van studiegroepe:

■ Kan fokus verloor en ontaard in allesbehalwe studie;

■ Kan stres op jou plaas as jy agterkom wat jy nie weet nie of nie geleer het nie;

■ Kan tydrowend wees as ver gery moet word om dit by te woon of as geriewe nie geskik is nie; en

■ Vyf pelle op een bed werk nie.

Beplan só wanneer jy ‘n vraestel beantwoord:

Sue du Plessis, ’n opvoedkundige praktisyn van Edublox, sê tydsbeplanning is belangrik wanneer jy ’n vraestel beantwoord.

1. Trek vyf minute af vir beplanning en om die vraestel gou deur te lees, asook om dit aan die einde van die eksamen deur te lees.

2. Deel die oorblywende tyd deur die getal punte om uit te werk hoeveel tyd daar is vir elke punt. Dit verseker dat jy nie te veel tyd bestee aan vrae wat nie baie punte tel nie.

3. Lees eers deur die vraestel, aangesien dit jou brein voorberei om te begin filtreer deur die feite wat jy geleer het. Dit sal help om vrae vinniger en beter te kan beantwoord en jou ook help met beplanning oor hoe om die vraestel te beantwoord.

Hoe om die vraestel te benader:

1. Beantwoord kort vrae eerste (meervoudige keuse, ontbrekende woorde, ens).

2. Beantwoord nou die vrae wat een of twee sinne benodig.

3. Laastens, beantwoord die lang vrae.

4. Indien jy jou toegelate tyd oorskry vir ’n vraag, beweeg aan na die volgende vraag. As daar tyd oor is, kan jy teruggaan na die vrae wat nie klaargemaak is nie.

5. Indien jy onseker is oor ’n vraag:

  • Maak ’n merkie daarby en beweeg aan na die volgende vraag. Kom terug na hierdie vraag wanneer jy al die vrae beantwoord het wat jy ken.
  • Haal asem sodat jy genoeg suurstof na jou brein voer en ontspan.
  • Lees die vraag weer deur en probeer antwoord, al is jy onseker. Vertrou jou instink. Dit is beter om te raai en dalk minstens een punt vir jou antwoord te kry as om dit heeltemal uit te los.

6. Gaan jou vraestel rustig deur wanneer jy klaar is.

7. Maak seker dat jy al die vrae beantwoord het en dat jy geen bladsy per ongeluk oorgeslaan het nie.

8. Lees weer vinnig deur jou vrae om seker te maak dit is korrek beantwoord.


Comment on Post

We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.