Kursus Wys Dit Werk!

Citizen article 1991
Werner Louw

Hierdie berig het verskyn in Beeld op 21 Augustus 1990:

SKAARS ses maande nadat ‘n st. 8-leerling van Pretoria ‘n lees- en spelkursus begin volg het, het sy leesvermoë van st. 2-vlak na st. 6-vlak verbeter.

Dié terugvoering wys dat sy kursus werk, sê dr. Jan Strydom, ‘n opvoedkundige van Pretoria.

Dr. Strydom hou seminare by die Technikon Pretoria vir disleksielyers en kinders met lees- en spelprobleme.

Nie net kan Werner Louw (16) nou 163 woorde per minuut lees teenoor die 107 woorde wat hy in Maart gelees het nie. Sy leesvermoë kan nog voor einde vanjaar bo dié van ‘n st. 8-leerling wees as hy sy kursus getrou volg.

Volwasse disleksielyers en ouers wie se kinders lees- en spelprobleme ondervind, kan Saterdag ‘n seminaar op die Technikonrand-kampus in Pretoria-Wes bywoon.

Belangstellendes kan mnr. Willem Fourie by tel. (012) …. opbel.

Comment on Post

We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.