
An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.

Onderwysdepartement het gesê dis nie moontlik. VIRGINIA KEPPLER doen verslag.
”MAMMA, hoekom kan ek nie lees nie?” wou Sonja Conradie (10) weet nadat sy haar jonger sussie, Marna (9), hoor lees en sien skryf het.
Sonja, wat breinskade opgedoen het toe sy as baba breinvliesontsteking gehad het, kon nie verstaan waarom haar jonger sussie dit kon regkry en sy nie.
Maar binne net sestig dae het dié lewenslustige meisie leer lees en skryf en sy kan net nie genoeg van dié nuutgevonde seën kry nie. ”Ek is bly ek kan nou lees en skryf,” het Sonja gesê sonder dat ‘n mens enigsins agterkom sy is gestrem.
Sonja is nou só lief vir skryf dat al die boeke, selfs die telefoonboekies en dagboeke, in die huis deurloop.
Sedert Sonja leer lees en skryf het, is die verhouding tussen haar en Marna ook baie beter, want Sonja hoef nie meer skaam te wees nie, het mev. Elna van Rensburg, hul ma, gesê.
Sonja was al in verskeie spesiale skole vir gestremde kinders, maar nogtans kon sy nie leer lees en skryf nie. Dit het haar selfbewus gemaak en veroorsaak dat sy nie skool toe wou gaan nie.
”Die Departement van Onderwys het in November ‘n brief aan ons geskryf en gesê Sonja word vrygestel van alle verpligte skoolbywoning. Die departement het gesê sy sal nooit kan lees en skryf nie,” het mnr. Herman van Rensburg, Sonja se stiefpa, gesê.
”Ek het nog drie boere in my omgewing wat ook kinders met leerprobleme het, bymekaargekry en voorgestel een van my skure word in ‘n klaskamer verander en dat ons ons kinders self probeer leer.
”Mnr. Deon Venter, hoof van die Laerskool Sanddrift in die Brits-omgewing, het ‘n klaskamer aangebied op voorwaarde dat ons self ‘n onderwyser aanstel en die koste dra.”
Mev. Ansie Compaan, een van die ouers, het ingewillig om die kinders te onderrig. Volgens mnr. Van Rensburg was die enigste probleem in daardie stadium ‘n leerplan wat die kinders kon volg.
”Dit is toe dat een van die boere ons na dr. Jan Strydom by die Sentrum vir Disleksie in Pretoria verwys het. Hy het met ‘n tegniek vorendag gekom wat kinders met leerprobleme help om te konsentreer en dan só te leer lees en skryf.”
Volgens mnr. Van Rensburg gebruik dr. Strydom byvoorbeeld gekleurde blokkies, pak dit in ‘n ry, wys dit aan die kinders vir ‘n tyd en dan moet hulle die oefening herhaal.
En vandag lees al vier dié kinders soos enige ander skoolkind vlot uit ‘n gr. 1-leesboek.
Hoewel Sonja effens lam is aan die regterkant, speel sy kitaar en sy is lief daarvoor om veral Vader Jakob te speel.
We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.