
An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.
Hierdie berig het verskyn in Volksblad op 11 April 2001:DISLEKSIE is ‘n gebrek aan leerervaring en is nie ‘n biologiese probleem wat met medisyne behandel kan word nie, sê dr. Jan Strydom van die Sentrum vir Disleksie.
Disleksie is veral in die jare sestig en sewentig as ‘n biologiese sindroom beskou. Dié gedagte is egter deur intensiewe en herhaalde navorsing verkeerd bewys.
Strydom sê lees is veral in die opvoedingsproses belangrik en vir disleksielyers kan dit ‘n ernstige agterstand beteken. Volgens navorsing ly tot 25% van die wêreldbevolking aan disleksie.
‘n Taalprobleem soos disleksie kan ‘n drastiese inkorting in ‘n mens se lewensgehalte veroorsaak. Disleksie is nie soos voorheen gedink inherent deel van die mens nie, maar kom voor as die mens nie aan die regte leerervaringe blootgestel is nie.
Basiese vaardighede soos konsentrasie, visuele diskriminasie, korrekte waarneming en onthouvermoë moet eers bemeester word voordat die kind aan lees en spel blootgestel word.
Strydom sê dit is gewoonlik maklik om disleksie te herken. Kinders sukkel om ‘n d en b van mekaar te onderskei, daar is weglating van klanke en letters in woorde, verlies aan leesgeheue, min begrip en ‘n stadige of swak handskrif.
We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.