
An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.
Hierdie artikel het verskyn in Beeld op 28 Julie 1990:ONVOLDOENDE opvoeding en onderrig is die oorsaak van disleksie en nie ‘n wanfunksie in die brein nie, sê dr. Jan Strydom, ‘n opvoedkundige van Pretoria.
Dr. Strydom meen die enigste raad vir lees- en spelprobleme is om die oorsaak te soek by die basiese vaardighede wat nooit bemeester is nie.
Hy het dertien jaar gelede ‘n program vir die ontwikkeling van skoolgereedheid begin toepas op kinders wat lees- en spelprobleme ondervind.
Dit het aan die lig gekom dat sekere basiese vaardighede wat nodig is vir lees in dié program vasgevang is. Die program word by die Technikon Pretoria se sentrum vir disleksie en leesverbetering toegepas.
Volgens dr. Strydom is sy navorsing oor presies watter vaardighede vir ‘n goeie leesvermoë nodig is, nog nie afgehandel nie. Hy het reeds vaardighede soos konsentrasie, oriëntasie, waarneming en die vermoë om te onthou uitgewys.
Hy beskou die veranderende omstandighede waarin kinders vandag grootword as een rede waarom disleksie toeneem. ”Kinders is passiewer as vroeër en dit is veral die televisie wat die aktiewe inspanning van die verstand ontmoedig. Vandag se speelgoed laat ook min aan die verbeelding en inisiatief van die kind oor.
”Tensy ouers vergoed vir die veranderende omstandighede deur gebruik te maak van ‘n omvattende en stelselmatige program, veral in die voorskoolse tyd, bestaan daar altyd die gevaar dat ‘n kind probleme op skool sal ondervind,” sê dr. Strydom.
Volgens statistieke ly 15 persent van die land se inwoners aan disleksie. Altesame 22 persent Australiërs en 25 persent Amerikaners ly aan disleksie.
Volwasse disleksielyers en ouers wie se kinders lees- en spelprobleme ondervind, kan op 25 Augustus ‘n seminaar op die Technikonrand-kampus in Pretoria-Wes bywoon.
Belangstellendes kan mnr. Willem Fourie by tel. …. bylyn 329, opbel.
We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.