fbpx

Afrikaans – Leer en Leergereedheid

08

Sep'16

Edublox Aanlyn Tutor is Binnekort Hier!

Edublox, wat verantwoordelik is vir hierdie Aanlyn Tutor e-platform, het oor die afgelope 30 jaar duisende kinders gehelp om te lees, te leer en te presteer deur tuispakkette en leerklinieke wêreldwyd. Met Edublox Aanlyn Tutor word die visie van die grootste aanlyn-klaskamer ter wêreld ‘n werklikheid.

Read More

20

Jun'16

Kinders en TV-Kyk: Skadelik of Skadeloos?

TV-kyk is ‘n fundamentele deel van baie kinders se lewe; baie kinders doen byna niks anders nie en is elke dag ure lank voor die TV. Voeg nog hierby die aantal ure wat hulle na DVD’s kyk, met rekenaars doenig is en video-speletjies speel, en die blootstelling aan elektronika hoop op. Is dit skadelik, of is dit ‘n skadelose tydverdryf?

Read More

27

May'16

Fantasties-Plasties — Ons Wonderlike Brein

Dis een van die grootste ontdekkings van die 20ste eeu. Ons noem dit neuroplastisiteit — die ontdekking dat die brein kan verander, breinselle gebore word en afsterf, nuwe verbindings gevorm word en dat die struktuur van bestaande sinapse wél kan verander...

Read More

20

Apr'16

Lees, Skryf en Wiskunde – Hoe Vaar Jóú Kind?

Die drie bene van leer is lees, skryf en wiskunde. ’n Kind se vermoë om te kan lees, skryf en wiskunde te doen vorm die grondslag van sy akademiese sukses, en affekteer sy potensiaal en toekomstige prestasies op elke terrein. Die vraag aan enige ouer is: Hoe vaar jóú kind op hierdie drie deurslaggewende terreine?

Read More

18

Mar'16

Sukkel Jou Kind met Aandag en Konsentrasie? Daar Is Hulp!

Konsentrasie, ook genoem aandag, is belangrik vir leer. Gebrekkige aandag kan ’n beduidende faktor wees van gedrags- en leerprobleme soos byvoorbeeld hiperaktiwiteit en aandaggebreksindroom (ADD). Daar is ten minste vier baie belangrike aspekte wat in gedagte gehou moet word wanneer dit kom by konsentrasie:

Read More

22

Feb'16

As Jou Kind Sukkel met Spelling

Die vermoë om korrek te spel is dwarsdeur ‘n mens se lewe ‘n baie belangrike basiese vaardigheid. Wanneer mens sukkel met spelling is dit nie net jou skoolwerk wat daaronder ly nie, maar dit benadeel ook later jou kanse in die wêreld van werk.

Read More

10

Jan'16

‘n Verhaal van Hoop

Lameez Armien van Goodwood, Kaapstad, is ʼn ongelooflik trotse en liefdevolle ma met ʼn verstommende verhaal van hoop om te vertel. Haar twee seuns, Jeremiah en Joshua, is ʼn identiese tweeling en is reeds sedert hulle drie weke oud is in haar pleegsorg.

Read More

05

Jan'16

Oorwin Aandaggebreksindroom

Duisende kinders word jaarliks met aandaggebreksindroom (of ADHD) gediagnoseer en dit plaas ouers voor die moeilike keuse van behandeling. ‘n Kort aandagspan, hiperaktiwiteit en impulsiewe gedrag is deel van kindwees, maar by kinders met aandaggebreksindroom het dit ‘n negatiewe invloed op hulle lewe...

Read More

30

Nov'15

Wenke vir Ouers: Assesseer Só Jou Kind se Skoolrapport

Net voordat die skoolvakansie regtig begin, is daar ’n oomblik van waarheid wanneer ouers hul kind se jaareinde skoolrapport ontvang. Dit is vir alle ouers van uiterste belang is om te weet waarna om te kyk wanneer jy jou kind se skoolrapport lees, ongeag die finale punt wat ’n kind ontvang.

Read More

16

Nov'15

Onthou Tog! Geheue Is ‘n Vaardigheid, Nie ‘n Gawe Nie

Die media dwing aanvullings op ons af; winkelrakke kreun onder die druk van botteltjies en blikke, pille en poeiers... En dit terwyl die ontwikkeling van ‘n skerp, betroubare geheue soos liggaamsbou werk: mens moet dit oefen.

Read More
Skip to toolbar