Van ‘n 4 (Voldoende Prestasie) tot ‘n 7 (Uitmuntende Prestasie) vir Lees

Hierby aangeheg is Channome se rapporte vir hierdie jaar. Jy sal merk dat haar lees verbeter het van ‘n 4 (voldoende prestasie) in die 1ste en 2de termyn, na 'n ongelooflike 7 (uitmuntende prestasie) in die 3de termyn. Ons as familie wil jou net weereens...
Channome
Channomé Smit

From: Gouws Corrie [mailto:GouwsCorrie@JohnDeere...]
Sent: 21 October 2015 03:42 PM
To: marietha@edublox.com
Subject: Chanomme se rapport

Liewe Marietha

Vertrou dat dit goed gaan daar by julle.

Hierby aangeheg is Channome se rapporte vir hierdie jaar. Jy sal merk dat haar lees verbeter het van ‘n 4 (voldoende prestasie) in die 1ste en 2de termyn, na ‘n ongelooflike 7 (uitmuntende prestasie) in die 3de termyn.

Ons as familie wil jou net weereens uit die diepte van ons harte bedank vir die harde werk wat jy ingesit het, sodat Channome die uitmuntende prestasie kon behaal. Ons besef dat dit nie aldag maklik is nie, want ek weet in die begin wou sy glad nie klasse bywoon nie.

Maar dit word al hoe beter, en ek dink persoonlik sy mis die klas wanneer ons byvoorbeeld vir n naweek weggaan. Net jammer julle is so ver, maar geen opoffering is te veel vir ‘n mens se kinders of kleinkinders nie.

Nogmaals baie dankie en dra ook ons dank oor aan almal wat betrokke is hierby.

Vriendelike Groete

Corrie Gouws
082 7 555 777

Channomé se tweede-kwartaal rapport. Sy het ‘n 4 (50-59.9%) vir lees gekry:

Cha - 2de kwartaal

Channomé se derde-kwartaal rapport. Sy het ‘n 7 (80%+) vir lees gekry:

Cha - 3de kwartaal

 

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.