
From: Jan van Rensburg [mailto:cartridgeservices@….]
Sent: Thursday, December 12, 2013 1:25 PM
To: ‘Marelize Odendaal’
Subject: Terugvoer: Jade van Rensburg
Liewe Tannie Marelize,
Ek wil net dankie sê vir een van die beste ervarings wat ek al ooit gehad het. Dit het my geleer hoe om reg te studeer, praatjies te skryf en hoe om my omgewing en kapstokke te gebruik. Dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het en gehelp het om my siening te verander op die manier wat ek gestudeer het!
Ek kan met ‘n geruste hart sê dat my gemiddeld met 6% gestyg het en is nou 80%! My wiskunde het met 23% gestyg!! Afrikaans, Engels, Tegnologie en Natuur Wetenskap het tussen 5% tot 15% gestyg.
Ek dink ek het my laerskool loopbaan baie goed beëindig en begin hoërskool op ‘n baie goeie noot!!
Nogmaals dankie en ‘n baie geseënde Kersfees!
Groete
Jade van Rensburg