Omkerings Reggestel; Ouditiewe Geheue en Leesbegrip Beter

Wanneer hy 'n woord klank, doen hy dit nou op die korrekte manier van links na regs en nie soos in die verlede dat hy by die laaste letter van die woord begin en terugklank nie. Die omkerings van die b/d en p/9/q is reggestel. Alexander se ouditiewe geheue het verbeter en hy verstaan beter wat hy lees....
Feedback.3185717_std

Alexander het aangesluit by die Edublox-program omdat hy gesukkel het met lees, woordherkenning, spelling, asook omkerings bv. b/d en p/9/q.

Sy hardop lees het baie verbeter asook die spoed. Wanneer hy ‘n woord klank, doen hy dit nou op die korrekte manier van links na regs en nie soos in die verlede dat hy by die laaste letter van die woord begin en terugklank nie. Die omkerings van die b/d en p/9/q is reggestel. Alexander se ouditiewe geheue het verbeter en hy verstaan beter wat hy lees. Sy woordherkenning is goed en sy spelling is op standaard. Alexander se logiese denke het baie verbeter! Hy het selfs n liefde vir lees ontwikkel. Hy neem ‘n boek uit sy eie en lees sonder dat ek hom hoef aan te moedig.

Alhoewel hy in die algemeen soveel verbeter het is daar nog werk in terme van lees met begrip.

Adel Weber


Alexander se spoggerige rapport aan die einde van 2012. Hy behaal 7โ€™s (โ€˜Uitmuntende prestasieโ€™) vir byna al die afdelings:

alexander

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.