Merkwaardige Verbetering in Talle Gebiede

Zane lees met baie meer gemak en vloeiendheid waar hy voorheen dikwels vasgehak het. Ek as onderwyser kan ook ‘n verskil in sy weeklikse speltoetse sien en Zane spog meer gereeld met ‘n 10 uit 10!
Zane
Zane Brown

Zane is sedert Januarie 2014 in my klas. Hy is ‘n baie aangename leerder en net ‘n plesier in die klas. Hy is hardwerkend en wil met alle mag verbeter op areas waarmee hy sukkel.

Zane het beslis in die afgelope paar maande merkwaardige verbetering in talle gebiede getoon. Zane lees met baie meer gemak en vloeiendheid waar hy voorheen dikwels vasgehak het. Ek as onderwyser kan ook ‘n verskil in sy weeklikse speltoetse sien en Zane spog meer gereeld met ‘n 10 uit 10! Ek ervaar dat Zane se konsentrasie al baie verbeter het sedert kwartaal 2.

Hou aan met harde werk Zane, juffrou is baie trots op jou vordering gedurende hierdie kwartaal!

Nadia Basson

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.