An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.

Aan Susan en Leeskliniek personeel!
Ek wil eerstens net vir julle baie dankie sê vir julle bestaan as Leeskliniek ― die Leeskliniek het dit moontlik gemaak vir Zhian om iets te bereik wat ons gedink het nie moontlik is nie.
Zhian het ‘n “Spesiale toekenning vir lees” ontvang by sy skool ― dis ‘n prestasie en ‘n half ― ons as Zhian se ouers kan nie vir julle verduidelik hoe trots ons op hom is nie.
In die begin van die jaar het julle gesukkel om Zhian te assesseer, ons was skepties en het gewonder hoe is dit moontlik ― ons as ouers probeer so hard om hom te leer lees. Maar ons het besluit vir ons kind se onthalwe sal ons enige iets probeer en dankie tog ons het by die Leeskliniek uitgekom. Zhian het stelselmatig gevorder en ons het besef die Leeskliniek werk vir Zhian.
Zhian se onderwyseres het ons in die derde kwartaal ingelig dat Zhian ‘n uitblinker in lees is en hy vorder elke dag met sy skoolwerk. Dit het ons verbaas, want in die begin van die jaar het die skool ons ingelig dat as Zhian nie ekstra hulp kry nie hy nie Graad 3 toe sal bevorder word nie. Sy sielkundige het vir ons ‘n verslag gegee aangaande sy aandagafleibaarheid en dit het soos ‘n donker tonnel vir ons gelyk.
Maar die Leeskliniek was die lig aan die einde van die donker tonnel ― wat ‘n verligting, ons kind het presteer!!!!
Ons wil vir julle baie dankie sê vir julle hulp en motivering ― as Zhian by die leesklas uitstap is hy vol moed en lyk altyd so tevrede met homself, min het besef ons Zhian gaan presteer.
Ons sal julle oral aanbeveel!
Bertie en Tonya Potgieter
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.