An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.

RE: KEENAN SEAS – GROEI EN ONTWIKKELING
Hiermee wil ons graag baie dankie sê aan Edublox vir die fantastiese ondersteuning wat Keenan kry vir die tyd dat hy klasse by u bywoon.
Die rede hoekom ons besluit het om vir Keenan na Edublox te neem was omdat hy by die skool in ‘n klas van +/- 50 kinders is en dus kan die onderwyser nie vreeslik baie aandag gee aan Keenan se opvoedkundige tekortkominge nie. Hy was ook ‘n baie teruggetrokke kind en het nie vreeslik baie gepraat nie. Sy skoolpunte was laag as gevolg van die bogenoemde redes, asook die feit dat hy stadig geskryf en lees het. Hy het ook soms nie sy sinne voltooi nie.
Vandat Keenan die ekstra klasse kry, het sy selfvertroue nuwe vorm aangeneem, tot so ‘n mate dat hy gekies is om ‘n prefek te wees vir die skool. Ons kan sien dat hy ook gelukkiger is en meer daarna uitsien om skool by te woon.
In terme van sy akademiese groei, toon Keenan ook goeie vordering. Hy lees baie beter as voorheen, waar hy elke woord moes uitspel om dit te kon uitspreek, lees hy nou volle woorde. ‘n Voorbeeld is ‘n eenvoudige woord soos “kan” wat hy nie kon uitspreek nie. Hy moes dit klank, “k-a-n” soos ‘n kind wat leer lees in graad 2 of 3 waar hy alreeds in graad 5 was. Hy het ook geen begrip gehad van wat hy lees nie.
Toe ons na Edublox gekom het, het ek (Lilian) hopeloos gevoel en as ‘n ouer met twee kinders, het ek gevoel dat ons Keenan in die steek laat omdat sy ouer suster akadamies goed aangelê is en hy baie stadig gevorder en gesukkel het.
Louna het presies geweet hoe ek voel, sy het egte simpatie getoon toe ek (Lilian) in trane voor haar staan en het ons die gerusstelling gegee dat daar hoop is vir Keenan. Ons wil ook spesifiek aan haar baie dankie sê.
Baie dankie aan die span wat met Keenan werk. Ons kan sien dat hy die klasse geniet en is altyd gelukkig as hy van die klasse kom.
Dit word oneindiglik baie waardeer.
Die uwe
Lillian en Patrick Seas
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.