From: Blanche De LangeSubject:Â RE: Edublox Newsletter – 2011/06/29
.
Ek wil graag dankie sê vir die eerste twee maande wat Hardus by Edublox is. Ek moet vir julle komplimenteer op die ontspanne manier waarop julle met die kinders werk. Terwyl ek sit en wag vir my kind hoor ‘n mens hoe die onderwyseresse die kinders boost en hul selfbeeld bou – dis fantasties.
Hardus se rapport het heelwat verbeter. Van omtrent net 2’s en een 3 die eerste kwartaal, het hy hierdie kwartaal drie 2’s, die res 3’s en een 4 vir x-somme. Ek kan definitief ‘n verbetering waarneem maar ek wil in dieselfde asem sê dat daar nog ‘n lang pad vir my en my seun voorlê met sy spelling en lees. Wat my gerus laat voel is die wete dat ek nie meer alleen spook om die mas op te kom met my kind nie maar ek het vir julle by Edublox wat kliphard saam met my werk.
Baie dankie vir elkeen van julle wat besig is om ‘n verskil in my kind se lewe te maak. Hy sien elke Woensdag baie uit daarna om klasse by te woon en dis vir my positief. Dit sê vir my julle maak hom gelukkig en dat hy voel hy hoort – hy is tuis.
Met opregte waardering.
Blanche de Lange (Hardus de Lange se mamma)





