An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.

Branden was baie gespot by die skool omdat hy nie kon lees en spel nie, en daarom was hy ‘n rebelse seuntjie. Sy skrif was baie sleg, en hy het baie min selfvertroue gehad. Hy het sommer net gesê hy wens hy was dood sodat hy nie so moet sukkel en gespot word nie.
Sulke woorde vir ‘n ouer is hartverskeurend. Branden is op Ritalin gesit, en het ‘n bril gekry wat deur sy skool aanbeveel is om te probeer help. Maar aan die einde van die jaar is ons ingeroep en meegedeel dat Branden nog steeds baie swak vaar op skool — b’s en d’s is omgeruil, hy kon geen woorde spel nie, en hy kon nie links en regs onderskei nie. Sy konsentrasie was baie swak en daarom het hy gereeld raas gekry by die skool. Hy het nie meer maats gehad nie en wou nie meer skool toe gaan nie.
Branden, toe 8 jaar en 8 maande oud en in ‘n hulpklas, is by die skool getoets deur die sielkundige en die uitslag was skokkend. Hulle wou hom dadelik in ‘n spesiale skool sit:

Aan die begin van 2012 het ons hom na Edublox geneem vir intensiewe voltydse opleiding vir 2 weke. Branden is daarna terug skool toe en het 2 keer per week klasse by Edublox bygewoon.
Ek sal nooit vergeet toe Susan vir ons sê om nie “miracles” te verwag nie, maar dat hulle hom wel sal kan help.
In net minder as 3 maande het Branden so verbeter dat hierdie “MIRACLE” wel plaasgevind het.
Dit is hoe sy rapport einde Maart 2012 (eerste kwartaal) gelyk het:

Prestasievlak: 1 2 3 4 5 6 7 |
Prestasiebeskrywing: Ontoereikende prestasie Basiese prestasie Matige prestasie Voldoende prestasie Beduidende prestasie Verdienstelike prestasie Uitmuntende prestasie |
Persentasie: 0-29% 30-39% 40-49% 50-59% 60-69% 70-79% 80-100% |
Susan en personeel:
Baie, baie dankie vir wat julle vir ons as ouers, maar ook vir Branden beteken het. Julle het vir ons ‘n nuwe, gelukkiger, positiewer en gemotiveerde seuntjie teruggegee. Ons sal julle ewig dankbaar wees vir dit. Julle is sommer GREAT!!!!
Annemarie Brooks
23 April 2012
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.