From: Carmen Van Veelen [mailto:vvl@idwa…]
Sent: Thursday, June 19, 2014 12:50 PM
To: nicolene@edublox.com
Subject: RE: Tax Invoice
Importance: High
Hi Nicolene,
Hoop alles gaan goed daar by julle?
Ek wil net vandag met opregte dankbaarheid teenoor jou uitspreek vir dit wat julle vir die kinders doen. Jamie het so gevorder dat dit my skoon stom slaan. Hy het in die 1ste kwartaal vir Afrikaans 1, vir Engels 2, en vir Wiskunde 1 gekry. Jamie se juffrou wou hom na ‘n spesiale skool toe stuur en sy het vir ons gesê daar bestaan nie ‘n kitsoplossing vir ‘n kind se agterstand nie, maar vandag kan ek met oortuiging sê julle bied ‘n kitsoplossing. Ons het gister sy toets terug gekry en dit wys dat hy in sy Afrikaans na ‘n 5 geskuif het, sy Engels het na ‘n 6 geskuif en sy Wiskunde na ‘n 3. Ons weet daar is nog baie werk wat voorlê om hom 100% op standaard te kry, maar dit is klaar ‘n groot stap in die regte rigting. Dit is ‘n wonderwerk, die Edublox program, en ek is net dankbaar dat ek betyds van julle gehoor het. Ons is julle ewig dankbaar vir die hulp en ondersteuning.
Baie dankie ek waardeer opreg, ons familie het die grootste respek vir julle wat ons kinders lei en help groei.
Regards,
Carmen van Veelen