
Nicolaas se punte was baie swak aan die einde van die eerste kwartaal van Graad 2 (2013). Hy het van sy vakke gedruip. Hy het met geen klaswerk klaargekry nie, en dus baie werk uitgelaat en gemis.
Sy juffrou het my na die derde Edublox-klas gevra wat ek gedoen het, want hy het met al sy klaswerk klaargekry en was soms eerste klaar. Sy hand was van die eerstes op as sy vrae gevra het. Sy het gesê sy het nog nooit ‘n skolier gehad wat in so ‘n kort tydjie so baie verbeter het nie. Hy het ook in Wiskunde ‘n akademiese toekenning gekry aan die einde van Graad 2.
Christia Maritz
Nicolaas se punte het verbeter van 5 tot 6 vir Afrikaans, van 3 tot 6 vir Engels, 4 tot 7 vir Wiskunde, en 5 tot 6 vir Lewensvaardigheid:
EVALUERINGSKODES 7 Uitmuntende prestasie 80 – 100% 6 Verdienstelike prestasie 70 – 79% 5 Beduidende prestasie 60 – 69% 4 Voldoende prestasie 50 – 59% 3 Matige prestasie 40 – 49% 2 Basiese prestasie 30 – 39% 1 Ontoereikende prestasie 0 – 29%






