Maande se Werk in ‘n Baie Kort Tyd Ingehaal

Sy woordeskat en wiskunde het dadelik begin verbeter. Hy het boeke nader getrek en begin lees. Sy selfvertroue het so verbeter dat sy skooljuffrou verbaas was. Hy is nou in Graad 2 en het maande se werk in 'n baie kort tyd ingehaal.

Feedback.3185717_stdFrom: rardavan.oosten@…
Sent: 14 August 2012 02:54 PM
To: monique@edublox.com
Subject: Bjorn – Edublox

Bjorn was hardhorend tussen onderdom twee tot vier jaar. Na ‘n ooroperasie in albei ore is sy gehoor herstel. Selfs met spraakterapie in Engels en Afrikaans, sowel as arbeidsterapie kon Bjorn nie gou genoeg inhaal om teen 6 jaar skoolgereed te wees nie. Nadat hy Graad R herhaal het is hy na Graad 1.

Bjorn het stadig maar seker al sy selfvertroue in Graad 1 verloor. Ons het hulp begin soek en deur die internet Edublox ontdek. Bjorn het sy eerste klas baie geniet. Sy woordeskat en wiskunde het dadelik begin verbeter. Hy het boeke nader getrek en begin lees. Sy selfvertroue het so verbeter dat sy skooljuffrou verbaas was. Hy is nou in Graad 2 en het maande se werk in ‘n baie kort tyd ingehaal.

Edublox is uitstekend saamgestel. Ek wens Edublox kon deel wees van die skoolmodules.

Baie dankie
Rarda

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.