An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.
“Gideon het in 2010 met Graad 1 begin en het ‘redelik’ gedoen tot die derde en vierde kwartaal,” vertel Gertrud, sy ma. “Sy klasonderwyseres het gesê sy is bekommerd oor sy skolastiese vordering. Gideon het hoofsaaklik 1’s en 2’s op sy skoolrapport gehad. Die kans was baie goed dat hy Graad 1 sou druip.”
Prestasievlak: 1 2 3 4 |
Prestasiebeskrywing: Vereis aandag Gedeeltelik bemeester Bemeester Uitstekend bemeester |

“Weens die positiewe ondervinding met my ouer seun het ek dadelik na Edublox toe gehardloop met my krisis,” vertel Getrud.
Op 27 September 2010 word Gideon getoets met die Essi-leestoets, op ‘n Graad 1, derde kwartaal-vlak.
Van kinders wat die toets doen behaal
4% ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK)
19% ‘n stanege van 2 of 3 (SWAK)
54% ‘n stanege van 4, 5 of 6 (GEMIDDELD)
19% ‘n stanege van 7 of 8 (GOED) en
4% ‘n stanege van 9 (BAIE GOED)
Gideon behaal ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK).
Gideon word ook getoets met die Essi-speltoets, op ‘n Graad 1, derde kwartaal-vlak en behaal ‘n stanege van 2 (SWAK).
Die oorsaak van Gideon se lees- en spelprobleme was voor die hand liggend: die grondvaardighede van lees en spel was nog nie geoutomatiseer nie. Hy het veral ‘n probleem met rigtingsin gehad: b word geskryf as p, byvoorbeeld bos as pos, blink as pink, en bid as pit. Hy was ook baie onseker oor die letterklanke.
Daar is aanbeveel dat Gideon vir twee weke uit die skool gehou word en ‘n intensiewe een-op-een kursus by Edublox doen (die kursus strek oor 10 dae, elke dag vanaf 08h00 tot 13h30).
“Ek kan nie in woorde sê wat dit vir Gideon gedoen het nie,” vertel Gertrud. “Sy klasonderwyseres en almal betrokke in sy lewe was verbaas oor sy vordering in slegs twee weke.”
Gideon het Graad 1 geslaag en voortgegaan om een Edublox-klas per week by te woon. Hier is sy Graad 2, eerste kwartaal rapport:

Gideon se Graad 2, vierde kwartaal rapport:

Ses maande later, in Junie 2012, is Gideon se probleme iets van die verlede en word die Edublox-klasse gestaak.
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.