
An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.
Konsentrasie, ook genoem aandag, is belangrik vir leer. Gebrekkige aandag kan ’n beduidende faktor wees van gedrags- en leerprobleme soos bv. hiperaktiwiteit en aandaggebreksindroom (ADD).
Daar is drie baie belangrike aspekte wat in gedagte gehou moet word wanneer dit kom by konsentrasie:
Konsentrasie is ‘n vaardigheid, en net soos enige ander vaardigheid bv. fietsry of karbestuur, moet dit geleer word. Daar is drie tipes konsentrasie. Wanneer ‘n kind se aandag afgetrek word deur ‘n pen wat op die vloer val of klanke buite die klaskamervenster, dan het hy of sy ‘n gebrek aan gefokusde aandag. Ten einde vir lang periodes te kan fokus, het ons volgehoue aandag nodig. Daar is ook verdeelde aandag, wat ‘n hoëvlak vaardigheid is en wat ons nodig het wanneer ons twee of meer take gelyktydig moet uitvoer. Indien die opdrag is om ‘n storie te skryf, moet die leerder bv. daartoe in staat wees om op sy karakters en die komplot, sowel as op spel- en taalreëls te fokus.
‘n Gebrek aan konsentrasie kan baie keer aan swak geheue toegeskryf word. Ouers mag dink dat hulle kind ‘n aandag-probleem het, terwyl dit al die tyd ‘n geheueprobleem is. Die kognitiewe stelsel verantwoordelik vir die tydelike stoor en manipulering van inligting is werkende geheue. ‘n Kind wat sukkel om werk van die bord af te skryf, sukkel met visuele geheue en indien hulle dit moeilik vind om ‘n aantal verbale instruksies te onthou, mag dit wees dat hulle ouditiewe geheue swak is.
Laaste maar nie die minste nie, moet ons onthou dat konsentrasie ‘n wilsbesluit is. ‘n Kind moet gewillig wees om te leer en om geleer te word. Daar sal baie min leer plaasvind by ‘n kind wat ongemotiveerd en onwillig is om te leer. Motiveringspreker Zig Ziglar vat dit mooi raak:
As jy nie wil leer nie, gaan niemand jou kan help nie;
as jy vasberade is om te leer, gaan niemand jou stop nie.
Navorsing wat in 2014 in Singapoer gedoen was, is ontleed deur die Sentrum vir Evaluasie en Assessering aan die Universiteit van Pretoria en het bewys dat konsentrasie by kinders in ’n kort tydperk verbeter kan word. In die studie is 27 leerders wat ’n Edublox-kursus deurloop het vergelyk met ’n kontrole groep. Die verskil in punte tussen die twee groepe was statisties beduidend. Boonop was die effek-grootte so groot dat dit bokant die gewensde effekvlak in die opvoedkunde-vakgebied lê.
Kontak jou naaste Edublox-kliniek en laat ons jou kind help om die voordele van verbeterde konsentrasie te geniet.
We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.